ʼn Man van Edenvale in Johannesburg wat 450 kg weeg, se lewe is in gevaar aangesien geen staatshospitaal glo kans sien om hom te behandel nie.
Alles vir die maand Julie 2015
Nkandla: ‘R135 m was vir huise vir polisie- en weermaglede’
Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het gesê diegene wat krities is oor die onkoste van die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning, moet bewys dat die opgraderings nie veiligheidsverwant was nie.
Nóg ʼn stuk plafon val by Sandton City
Twee konstruksiewerkers is Dinsdag beseer nadat ʼn gedeelte van ʼn plafon in ʼn leë winkel by Sandton City in Johannesburg ineengestort het.
Nuuskommentaar: Die Zuma-moeras raak al dieper
Dit lyk of die skroewe om pres. Jacob Zuma en die bedrogklagte wat teen hom teruggetrek is, weer begin spook. In belang van die land moet dit nou tot ʼn punt kom.
Noordwes-vrou vas oor springstof
ʼn Vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy glo met springstof betrap is, het in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.
Sithole-moord: Verdagtes sê dit was selfverdediging
Die vier persone wat daarvan beskuldig word dat hulle die Mosambiekse straatverkoper Emmanuel Sithole vermoor het, voer aan dit was uit selfverdediging, het hul prokureurs Dinsdag aan die Johannesburgse landdroshof gesê.
141 liggame gevind ná Indonesië-vliegtuigongeluk
ʼn Polisiebeampte van Indonesië het bevestig 141 liggame is reeds gevind ná ʼn weermagvliegtuig in Medan neergestort het.
Gedagte vir die dag: Lewe in liefde
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet jul le sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. (Ef 5:1-2)