Iets interessants het my weer opgeval waarvan ek lankal bewus is. Dit is die hartlike persoonlike rasseverhoudinge tussen gewone mense. Tog wonder ek hoekom is daar midde sulke goeie persoonlike verhoudinge, sulke slegte politieke verhoudinge?
Alles vir Maandag 3 Augustus 2015
‘Polisiemoorde buite beheer; genl. Phiyega aanspreeklik’
Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, aanspreeklik gehou moet word vir die toename in moorde op polisiebeamptes in Suid-Afrika.
Cecil die leeu oorheers nuus wêreldwyd
Die jag op Cecil die leeu het verlede week op die nuusfront oorheers, plaaslik en internasionaal sowel as op sosiale media.
Gewelddadige betoging woed buite Phalaborwa
Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid is na die Namakgale informele nedersetting buite Phalaborwa in Limpopo ontbied weens ʼn gewelddadige betoging in die gebied.
Afrikaanse opvoeding onder skoot
Afrikaanse skole en universiteite is die afgelope jaar gereeld in die nuus. Transformasie word op Afrikaanstalige Universiteitskampusse versnel om die Suid-Afrikaanse rassedemografie te weerspieël.
Voetganger onder vragmotor vasgepen
ʼn Voetganger het met sy lewe daarvan afgekom nadat hy Maandagoggend onder die wiel van ’n vragmotor vasgepen is.
Malema se langverwagte bedrogverhoor skop af
Die situasie by die Polokwane-hooggeregshof in Limpopo is kalm waar Julius Malema, leier van die EFF, en twee mededirekteure van On-Point Engineering Maandag op aanklagte van korrupsie, omkopery en rampokkery verskyn.
Zuma se vrou ontken bewerings oor moordkomplot
Die regspan van Nompumelelo Ntuli-Zuma, een van pres. Jacob Zuma se vroue, het bewerings dat sy vermoedelik betrokke was by ʼn komplot om hom te vergiftig, ten sterkste ontken.
Talle dronkbestuurders in Gauteng aangekeer
Altesaam 125 motoriste is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle glo onder die invloed van alkohol bestuur het.
Boek: God van wonders
God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
Nuuskommentaar: ’n Sin vir regverdigheid vir SA
Onregverdigheid het ’n enorme invloed, veral sielkundig, op die slagoffers. Die Bybel spreek hom daarteen uit, maar tog is dit in Suid-Afrika ook institusioneel vasgelê. Kan die land dit bekostig?
Twee polisiebeamptes deur motoris geskiet
Twee beamptes van die Ekurhuleni Metropolisie-departement (EMPD) is Sondagaand in Ivory Park, Tembisa, aan die Oos-Rand geskiet.
WAT Woord van die week: omroeper
Die WAT Woord van die week is “omroeper”
Oom Herrie se kerrie: Die (ooste)winde van verandering
Kort nadat die jonge Herrie se karretjie die eerste keer die skuinstes berg uit gevat het na Erfenis se opstal om die latere mev. Herrie die hof te gaan maak, het die eerste nuus oor plaasaanvalle uit die omgewing gekom. Meestal het die Koevoete sommer gou daarmee klaargespeel.
OG gaan Prasa ondersoek
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het die ouditeur-generaal (OG) se kantoor versoek om ʼn forensiese oudit te doen ná bewerings van finansiële wanbestuur by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Die saaldak van die Voortrekkers se wigvormige hartbeeshuise
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers die saaldak van ‘n wigvormige hartbeeshuis gebou het.
Andriëtte se nuwe album reeds ’n treffer
Nadat sy in 2007 tweede gekom het in Idols het Andriëtte haar as ’n gewilde kunstenaar op die Afrikaanse musiektoneel gevestig.
Twee vas oor miljoene rand se dwelms in Karoo
Die polisie in die Wes-Kaap het beslag gelê op ʼn verskeidenheid van dwelmmiddels ter waarde van meer as R4 miljoen.
DA eis Phiyega se oneerbare ontslag
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy gaan stappe doen om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se oneerbare ontslag uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verseker.
Gedagte vir die dag: Ek is spyt oor …
God sal almal wat Hom dien se hand vat en hulle help om die regte keuses te maak. (Psalm 25:12, Die Boodskap)