ʼn 89-jarige ouma se kleinkind het haar onlangs gevra om een van haar strooimeisies te wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 Augustus 2015
[Foto’s] Sinkgat sluk kruising in
ʼn Yslike sinkgat het Dinsdag by ʼn kruising in Brooklyn, New York, ingeval.
Klagtes teen Malema en kie kan weer ingestel word
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê aanklagte van korrupsie en swendelary kan weer teen Julius Malema en sy twee medebeskuldigdes ingestel word.
Kampsbaai-moord: Guatemalaan in hof
Die man van Guatemala wat van die Amerikaanse bemarker, Gabriela Alban (39) se moord in ʼn hotelkamer in Kampsbaai, beskuldig word, het Dinsdag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
[Foto’s] Swanger vrou onder vragmotor vasgekeer
ʼn Swanger vrou, in haar 20s, is Dinsdag ernstig beseer toe sy onder ʼn vragmotor vasgekeer is.
Polisiebeampte vrygespreek oor Macia-moord
Een van die nege voormalige polisiebeampte wat beskuldig is van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder Mido Macia, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek.
ToekomsVenster: Leiers wat inspireer
Ons het vir die morele opbou en herstel van dienste sulke Nehemias nodig in ons land. Ons benodig leiers wat mense inspireer om uit liefde vir hulle land en sy mense hulle vaardighede beskikbaar te stel tot voordeel van almal.
Student en ma glo deur verkeersbeamptes aangerand
Twee 20-jarige studente, Angelique Botes en Jeanette Preis, asook ʼn “barmhartige Samaritaan” het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat hulle helder oordag in hegtenis…
Ondersoek na diefstal lei tot gru-ontdekking
ʼn Skokverhaal van ontvoering en moord het Dinsdag in die Port Shepstone-landdroshof begin ontvou waar Jean Pierre Haggard (24) en Riaan Marais (27) vir die moord op ʼn plaaslike inwoner verskyn het.
Boek: Komplot
Thomas Jacobs, Boere-anargis en mynwerker uit Johannesburg, se ideale het hom eens Spanje toe gedwing om teen Franco se Fasciste te gaan veg. Daar ontmoet Thomas die geheimsinnige Ortiz, Russiese agent, nadat dié sy lewe red. Nou, jare later, is Ortiz na Colesberg op pad, waar hy sy eertydse medevryheidsvegter ‘n laaste keer vir die saak wil werf…
Fliekvlooie staan reg: die Silwerskermfees is hier
Fliekvlooie kan regmaak vir die kykNET Silwerskermfees waartydens Kampsbaai jaarliks omskep word in die Suid-Afrikaanse weergawe van die bekende Cannes-rolprentfees.
Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie
‘n Slypskool in die skryf van liefdesverhale word tussen 3 en 5 September 2015 by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit aangebied.
Jong pa in veiligheidskompleks doodgeskiet
Die pa van ʼn eenjarige baba is koelbloedig in sy huis in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Man wat Bela-Bela-vrou glo aanrand bly agter tralies
Die man wat daarvan aangekla word dat hy Elzaan Smit (41) buite ʼn kuierplek in Bela-Bela só erg aangerand het dat haar gesig vergruis is en sy een van haar oë verloor het, het Dinsdag weer in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.
Saak teen Julius Malema van hofrol geskrap
Die saak teen Julius Malema, leier van die EFF, is Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane van die hofrol geskrap.
Hofbevel gevra teen SAL- en SAAT-afleggings
“Ons wil daarom die hof vra om die afleggingsproses uit te stel sodat ons na behore met die werkgewer oor die grondrede vir die proses kan beraadslaag.”
Septisemie eis bekende akteur
Hy was bekend vir sy rolle in Transkaroo, Vyfster, Sterretjie en Skooldae. Hy was ook die vervaardiger van televisiereekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los.
Afrikaans 90: Afrikaanse boeke maak deure oop
Miskien is die beste bewys dat Afrikaans as gedrukte taal ’n rooskleurige toekoms het die feit dat die grootste uitgewers in die wêreld gedurende die laaste paar jaar begin het om ook in Afrikaans te publiseer en dit baie suksesvol en winsgewend doen, skryf Nicol Stassen.
Uitdrukking: Aandskof ry
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “Aandskof ry”
Skoolhoof vas ná hy glo skoolmeisie verkrag
ʼn Vrystaatse skoolhoof is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 18-jarige leerder by sy skool verkrag het.