“Ek het net daar gesit en haar lyfie vasgehou totdat hulle haar kom haal het.”
Alles vir Woensdag 12 Augustus 2015
Man wat glo twee in parkeerarea doodskiet voer selfverdediging aan
ʼn 57-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy Sondag twee broers tydens ʼn rusie oor ʼn parkeerplek by ʼn woonstelblok in Durban doodgeskiet het, het Dinsdag in die stad se landdroshof beweer hy het in selfverdediging opgetree.
Nuuskommentaar: Al wéér apartheid se skuld
Pres. Jacob Zuma het weer oorle apartheid geblameer vir die land se probleme, darem saam met Eskom, maar ons weet reeds dat Eskom se probleme, volgens Zuma, ook apartheid se skuld is.
Marikana-families eis vergoeding van minister
Die families van die 37 mynwerkers wat in Augustus 2012 by Marikana doodgeskiet is, het siviele eise teen die minister van polisie by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.
Glencore kap Eskom oor ‘swak gehalte steenkool’
Optimum Coal, ʼn filiaal van Glencore, het Eskom veroordeel ná bewerings dat sy steenkool van ʼn swak gehalte is, en het dit weer benadruk dat die prys van steenkool onvolhoubaar is en hersien moet word.
Vermeende reeksverkragter aangekeer
ʼn 39-jarige man wat van ʼn reeks verkragtings sedert Januarie 2015 in Wentworth en Montclair, KwaZulu-Natal, verdink word, sal na verwagting Woensdag in die Durbanse landdroshof verskyn.
Bejaarde motorfietsryer sterf
ʼn Motorfietsryer, in sy 70’s, is Dinsdag in ʼn ongeluk in Cresta in Randburg, Gauteng, oorlede.
Gedagte vir die dag: Gee vandag ’n glimlag
Vriendelikheid maak ’n mens gelukkig. Goeie nuus is goed vir jou gesondheid. (Spreuke 15:30, Die Boodskap)