Canon het sopas ʼn nuwe reeks humoristiese advertensies vrygestel wat sy klante probeer oortuig dat elektronika mens soms in die steek kan laat.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 Augustus 2015
[Foto’s] Lichtenburg-rioolkrisis: Inwoners se gesondheid in gedrang
Lugfoto’s van Lichtenburg in die Noordwes het die erns van die rioolprobleem in die dorp uitgebeeld. Die oorsprong van die probleem is die stukkende rioolaanleg wat veroorsaak dat ’n rivier van riool die omgewing besoedel.
Staking dreig by Rand Water
Werknemers by Rand Water kan dalk staak en dit kan ʼn invloed op watervoorsiening hê, het ʼn vakbondverteenwoordiger Vrydag gesê.
Virgin Active beken skuld oor T-hemp
Virgin Active het erken hy het ʼn fout gemaak toe hy een van sy lede toegang geweier het omdat dié persoon ʼn T-hemp van die pro-Palestina-groep Boycott, Disinvestment and Sanctions (BDS), aangehad het.
Crime Line-hoof weer kapers af
Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, is ongedeerd ná ʼn kapingspoging en hoëspoedjaagtog deur die strate van Johannesburg.
[Video] ‘Sit jou voet neer teen kindermolestering’
‘n Skoolmeisie het ‘n veldtog begin wat jongmense aanmoedig om te praat oor kindermolestering.
[Video] Vertragings, ontwrigting by Poskantoor
Groot vertragings heers by sommige poskantore. Pakkies kan nie afgelewer word nie en kliënte by sekere takke word weggewys omdat afleweringsvoertuie sonder brandstof staan.
ToekomsVenster: God bly getrou
Antwoorde is nie geredelik beskikbaar nie en daarmee moet ons vrede maak. Veral met die wete dat God getrou is en ons roep om Hom onder alle omstandighede te vertrou. Na alles, dis mos ʼn reis in geloof!
Pa van sewe doodgeskiet toe hy seun probeer red
Anton Janse van Rensburg, ʼn sakeman en pa van sewe kinders, is Woensdag in Drie Riviere in Vereeniging, naby die huis waar sy gesin skaars twee weke gelede ingetrek het, deur gewapende rowers oorval en geskiet.
Baba Nico: ‘Nou kan ons die hoofstuk afsluit’
Die huiswerker wat ʼn ouerpaar van Welkom se babaseuntjie, bekend as baba Nico, aangerand het, is Vrydag in die Welkom-streekshof gevonnis.
Chirurg kry koevoet wat man deurboor
“Dit was my manier om vir hom dankie te sê en hierdie traumatiese ervaring agter my te sit.”
Zuma, Van Riebeeck en apartheid
Die FAK se projek om die Afrikanergeskiedenis in ere te herstel moet verwelkom en ondersteun word. Ons voorouers was nie foutlose supermense nie, maar gewone mense wat in ongewone omstandighede buitengewone prestasies behaal het.
[Video] Paramedici raak glo handgemeen oor pasiënt by ongelukstoneel
ʼn Onderonsie tussen paramedici van mededingende private ambulansdienste in Rustenburg in Noordwes is op video vasgelê en wek groot opslae op sosiale media.
Groot verrassing vir Pta-seun ná mesaanval
“Dit was net so ʼn wonderlike manier om die nare ondervinding in iets positief om te skakel.”
Premier vergader met ouers van omstrede Jhb-skool
Makhura het gesê dit is noodsaaklik vir hom om nou in te gryp sodat ʼn volhoubare oplossing gevind kan word vir die onluste wat al maande by die skool woed en onderrig by die skool ontwrig.
[Foto’s] Sinkgat sluk bakkie in Eversdal
ʼn Gebarste pyp het ʼn sinkgat veroorsaak in Eversdal in die Wes-Kaap wat ʼn dubbelkajuit-bakkie byna ingesluk het.
Pukstudent vas na hy HK-lid glo met skêr aanval
ʼn Derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy ʼn huiskomiteelid glo met ʼn skêr aangeval het.
Redakteursbrief: Die Julia’s in jou lewe
Daar is baie Julia’s in hierdie land van ons. Vroue wie se hande vir niks verkeerd staan nie; wat snags hul kop neerlê met die wete dat hulle iemand anders se lewe ʼn bietjie geriefliker gemaak het…
Woord: riemtelegram
Gebruik jy die woord “riemtelegram” wanneer iemand skinder of ‘n gerug versprei? Taaltoffie stel ondersoek in.
[Video] Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag
Alle Afrikaanssprekendes vier jaarliks op 14 Augustus Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag. Mense word op dié dag aangemoedig om ‘n Afrikaanse boek aan te skaf.