ʼn Bekende jong man van ʼn gewilde televisie-werklikheidsreeks was glo betrokke in ‘n gru-ongeluk waarin ʼn motorfietsryer Donderdagaand dood is.
Alles vir Vrydag 14 Augustus 2015
Nuuskommentaar: Afrikaanse Taaldag
Dit is vandag Afrikaanse Taaldag en sommer “koop ’n Afrikaanse boek-dag” ook. Maar presies hoe kompleks en politiek gelaai is die omgewing waarbinne Afrikaans moet voortbestaan?
Vyf vas ná PE-betogings
Altesaam vyf mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep inwoners van Port Elizabeth in die Oos-Kaap die strate ingevaar het om oor dienslewering…
Boek: Die seerower en die vuurvliegie
In hierdie opwindende verhaal leer Phineas die vuurvliegie vir Oliver dat ware vriende ons nie in versoeking bring om verkeerde en gevaarlike dinge te doen nie.
‘Rower’ mislei hof en stap met boete uit
Die KwaZulu-Natalse polisie is op soek na ʼn vermeende misdadiger wat uit die Scottburgh-landdroshof ontsnap het nadat hy hof-ordonnanse om die bos gelei het.
Kleuter brand erg met water
ʼn Kleuter van Lephalale (Ellisras) het Donderdagmiddag erge brandwonde opgedoen nadat warmwater op hom gemors is.
Kgwadi wil nie “baba met badwater uitgooi” nie; tog is daar kommer
Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), wil aan die stuur staan van ʼn unitêre multikampus-universiteit waar alle studente op al die kampusse welkom moet voel.
Motorfietsryer sterf in Moreletapark-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand in ʼn ongeluk voor die Pretoria-Oos-hospitaal oorlede.
Betogers steek ambulans aan die brand
ʼn Ambulans is in Sunrise Park naby Rustenburg in Noordwes tydens ʼn betoging aan die brand gesteek.
Twee gevonnis ná DA-navorser se moord
Bathobotlhe Motseothata (25) en Harry Meyer (32) is gevonnis in verband met die moord op Sherril Bester, ʼn DA-navorser van Ottoshoop in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Bietjies-bietjies
Vertrou op die HERE! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die HERE! (Psalm 27:14)