Die gemeenskap van Rietkol, Mpumalanga, is steeds erg geskok nadat ʼn bejaarde inwoner vermoor en sy huis op ’n kleinhoewe met sy liggaam binne aan die brand gesteek is.
Alles vir Maandag 17 Augustus 2015
Identikits uitgereik van ‘polisiebeamptes’ wat boer beroof
Die Wes-Kaapse polisie het Maandag identikits uitgereik van verdagtes wat gesoek word in verband met ʼn onlangse rooftog op ʼn plaas in Wolseley in die Breederiviervallei.
Erg ontbinde liggaam naby lodge laat polisie kopkrap
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die erg ontbinde liggaam van ʼn man naby ʼn lodge buite Middelburg, Mpumalanga, gevind is.
Vermiste vrou se opgekapte lyk gevind
Die erg geskende liggaam van ʼn 20-jarige vrou wat sedert die begin van die maand vermis was, is Sondag in ʼn vlak graf in KwaZulu-Natal gevind.
AfriForum-adjunkhoof dien klagte in ná doodsdreigemente
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, het strafregtelike klagtes by die polisie ingedien nadat hy op Twitter met die dood gedreig is.
Nuuskommentaar: Menseregtekommissie sien die lig oor plaasmoorde
Donderdag oorhandig die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ’n verslag aan die regering waarin die politici voor stok gekry word omdat hulle plaasmoorde nie genoegsaam veroordeel nie. Daar is egter min hoop dat die regering dié keer sal luister.
Vermiste Indonesiese vliegtuig gevind
Daar was 49 passasiers, onder wie vyf kinders, en vyf bemanningslede aan boord van die ATR42-300-vliegtuig.
Jhb-skool gesluit weens onluste
Die Roodepoort Primary School in Davidsonville, Johannesburg, is tydelik gesluit weens die voortslepende onluste wat al maande lank klasse ontwrig.
Man in hof weens Knysna-dubbelmoord
Die hoofverdagte wat in hegtenis geneem is weens die moord op die Knysna-egpaar, Brian (67) en Christine (64) Davis, sal na verwagting Maandag in dié Wes-Kaapse dorp se landdroshof verskyn.
Resensie: Hartklank – Joe Foster
Daar is sekerlik baie mense wat met groot verwagting uitgesien het na Joe se soloalbum, veral weens sy sukses as deel van Adam en die gewildheid van “Pad na jou hart”. Hulle sal beslis nie teleurgesteld wees nie.
Hoe het die Voortrekkers ʼn wigvormige hartbeeshuis gebou?
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers die wigvormige hartbeeshuise gebou het met ‘n gaffelsuilondersteunde-nokpaalkonstruksie.
Eerste vlug na Kaapstad vertrek van opgeknapte Wonderboom-lughawe
“Ons bou nie net ʼn lughawe hier nie maar ʼn nuwe ekonomie.”
Man vas ná hy glo jok oor huisroof
Die man het aangevoer dat hy omstreeks 09:30 Saterdagoggend die slagoffer van ʼn rooftog by sy huis in Millerstraat was.
Marikana-mynwerkers stel reuse-eis in
“Ons het eise vir 336 mense ingedien.”
Gedagte vir die dag: Is my sonde te groot?
Niemand wat deur God sy kind gemaak is, maak nog ’n gewoonte van die sonde nie. Hoe kan hy? (1 Johannes 3:9, Die Boodskap)