Maria Holand Tøsse (26) het ʼn groot verrassing gehad toe sy in die kerk se gangetjie afgestap het om haar trou aan Ronny Eidsvik (37) van Alesund in Noorweë te beloof.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Augustus 2015
Man sterf self toe hy selfmoord wou verhoed
ʼn 24-jarige man het na sy dood geval toe hy ʼn 19-jarige student wou verhoed om selfmoord te pleeg.
Chabane-‘sluipmoord’: Bestuurder weer in hof ná aanranding
Die vragmotorbestuurder Amukelani Rikhotso, wat betrokke was in ʼn ongeluk in Maart waartydens die minister van staatsdiens en administrasie gesterf het, het Dinsdag weer in die Polokwane-landdroshof in Limpopo verskyn ná hy glo ʼn kameraman van die SAUK aangeval het.
Verdagte ontsnap uit Kathu-selle
Die polisie in Kathu in die Noord-Kaap is op soek na Irsak Schalk (26) wat uit aanhouding ontsnap het.
Joernaliste moet gereguleer word, sê SAUK-bedryfshoof
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het Dinsdag aan LP’s gesê joernaliste moet gereguleer word, aangesien ander bedrywe gereguleer word.
Jong man gekaap, aan boom vasgemaak
ʼn Jong man van Glen Marais in Johannesburg is Saterdagaand aangerand en halfnaak aan ʼn boom vasgemaak nadat hy deur drie mans gekaap is. Die verdagtes het met sy motor, ʼn Chevrolet Aveo, van die toneel weggejaag.
Polisie ‘verloor’ 3 026 wapens
Die Suid-Afrikaanse polisiediens het sedert Januarie 2009 tot 30 Junie 2014 altesaam 3 026 polisiewapens as verlore aangemeld.
ToekomsVenster: Daar is altyd hoop want God is in beheer
Daar is altyd hoop. Daar is genoeg om voor te leef. Moenie so gou opgee en alles en almal afskryf nie.
Afrikaans 90: Verseker Afrikaans
Ek het ’n besonderse liefde vir Afrikaans, want ek werk in Afrikaans, ek hê lief in Afrikaans en ek lewe in Afrikaans, skryf Mia Willemse.
Tienermeisie van Witbank gevind
Die tienermeisie van Witbank wat sedert Sondag vermis was, is Dinsdagoggend opgespoor.
Oumas vergesel kleinseuns na matriekafskeid
Ses oumas van Riversdal in die Wes-Kaap kon weer hul skooljare herleef toe hulle hul kleinseuns na hul matriekafskeid vergesel het.
Refleksies oor die gebeure by die NWU
Annette Combrink meen die NWU is nou na tien jaar by ’n kruispad en moet aanpas, maar dit moet verkieslik gedoen word om die ideaal van die “nuwe universiteit” te realiseer. Om die huidige gebrekkige belyning reg te stel is daar nie ’n ontwrigtende bestuurstruktuurverandering nodig nie, maar huidige bestuurders moet hulle mandaat na behore uitvoer.
Uitdrukking: Jou sout verdien
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “jou sout werd wees”.
Gesin platgeslaan ná werker se dood op kleinhoewe
“Hy was baie meer as net ʼn werker. Hy was ʼn vertroueling en my vrou se regterhand. Hy was deel van die familie.”
[Foto’s] Jong man sterf voor hy wenslys voltooi
Nathan Miles van Benoni aan die Oos-Rand het verskeie terugslae as gevolg van siekte gehad tydens sy leeftyd van 24 jaar. Nadat hy skaars drie maande gelede gehoor het hy het ses maande oor om te leef, het hy ʼn wenslys (“bucket list”) van tien drome opgestel.
Vyf ontsnap uit polisievangwa
Vyf verhoorafwagtende gevangenes het Maandag uit aanhouding ontsnap op pad na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria.
[Video] Vang ʼn perdeby só
Hierdie video wys jou ʼn maklike manier om dié insekte te vang sonder om jouself (of hulle) te beseer.
Bekende NW-beesboer sterf ná kopskoot
Koos van der Leeuw, ʼn beesboer van in sy 70’s van Potchefstroom in Noordwes, is Dinsdag dood toe hy tydens ʼn saketransaksie by die dorp se slagpale deur rowers geskiet is.
Werker op kleinhoewe buite Pta doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 49-jarige man Dinsdagoggend op ʼn kleinhoewe in Wallmannsthal, noord van Pretoria, doodgeskiet is.
Resep: Rooi slaphakskeentjies
Mev. Hettie Pool van Vredendal sê sedert sy hierdie resep by ’n vriendin gekry het, was sy nog nooit sonder die slaai nie. Dis louwarm of koud baie lekker by koue vleis of braaivleis.