ʼn Video van ʼn grappige vlugkelner se veiligheidsdemonstrasie is die afgelope vyf dae reeds byna 3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Augustus 2015
Krugerwildtuin-helikopter land veilig ná enjinprobleme
Een van die Krugerwildtuin se helikopters het ʼn noodlanding gedoen nadat die enjin probleme gegee het.
Kamer van Mynwese trek aanbod terug
Die Kamer van Mynwese het vandag in reaksie op Solidariteit se aanvaarding van die finale aanbod in vanjaar se goud-loononderhandelinge ’n geskil teen Solidariteit verklaar en sy finale aanbod teruggetrek.
Kerndigtheidstoetsmasjien gesteel
ʼn Kerndigtheidstoetsmasjien is Dinsdag tydens ʼn rooftog by ʼn sakeonderneming in Inchanga, KwaZulu-Natal, gesteel.
DA begin met regstappe teen Nhleko se Nkandla-verslag
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag begin om polisieminister Nathi Nhleko se verslag oor veiligheidsopgraderings by Nkandla in die hof te daag nadat die ANC dit deur die nasionale vergadering gestoomroller het.
Rand Water soek interdik teen vakbond
Rand Water sal Donderdag die arbeidshof in Johannesburg nader om ʼn interdik te bekom om die vakbond Samwu sal verhoed om te staak.
ToekomsVenster: Geloofworsteling
Moenie opgee op jou geloofsvertroue nie. God is nie weg, doof, blind of traak-my-nie-agtig rakende jou verleentheid nie. Hy is nog altyd daar.
Oscar Pistorius nie meer Vrydag vrygelaat
Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal nie meer Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word nie.
PUK-skêraanval: Verdagte bly agter tralies
“ʼn Aansoek is ook by die hof ingedien dat die beskuldigde vir sielkundige waarneming gestuur word.”
[Video] Tannie Lenie vier 104de verjaarsdag
Die viering van ʼn verjaarsdag is gewoonlik ʼn spesiale affêre, ʼn geleentheid waar iemand se geboortedag en lewe gevier word. Met mylpaal-verjaardae is die vieringe soms nog groter en Lenie van Heerden het gister só ʼn mylpaal gehaal.
Het Mars nog 3 miljoen jaar gelede lewe onderhou?
Normaalweg word aanvaar dat toestande op Mars 3,7 tot 3,8 miljard jaar gelede laas só was dat lopende water op die planeet sou kon bestaan het, en die planeet in beginsel oor lewe kon beskik het.
Polisiehoof se omstrede SMS ‘daar gelaat’
Daar gaan nie stappe gedoen word teen Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, oor die omstrede SMS wat sy aan ʼn DA-LP gestuur het nie.
Op Tulbagh blom die kunste in September
September is amptelik die begin van die lente. Maar dit is ook die maand waarin die kunste in die dorpie Tulbagh blom.
Miljoene mense met ‘skelmpies’ se inligting glo gepubliseer
Tot 175 000 Suid-Afrikaners is op dié webtuiste geregistreer.
Moontlike oorsaak van ongeluk met Prasa-lokomotief bekend
Die moontlike oorsaak vir die ontsporing van die Shosholoza Meyl-passasierstrein, wat deur een van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veelbesproke nuwe Afro4000-lokomotiewe getrek is, is bekend gemaak.
Paramedici in hof ná vuisgeveg oor pasiënt
Twee mans van mededingende private ambulansdienste in Rustenburg in Noordwes het Dinsdag in die hof verskyn nadat ʼn video van ʼn onderonsie tussen die twee, vermoedelik oor wie ʼn pasiënt gaan vervoer, opslae op sosiale media gemaak het.
[Video] Bedelende dwelmverslaafde vs. hawelose enkelpa
ʼn Maatskaplike eksperiment om te bepaal of ʼn dwelmverslaafde meer geld sou ontvang deur te bedel as ʼn enkelpa, het skokkende resultate opgelewer. Soms is dit diegene wat self niks het nie wat die meeste gee.
Vrou oorval, verkrag op Tzaneen-plaas
“Toe sy omdraai het hulle voor haar gestaan met ʼn vuurwapen in haar gesig.”
Elsenburg-studente ruk op vir Afrikaans
Honderde studente van die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut het ʼn optog gehou waartydens ʼn memorandum aan die instituut se bestuur oorhandig is.
Vrou op Vrystaat-plaas met hamer aangerand; drie vas
Drie verdagtes is vasgetrek nadat ʼn vrou tydens ʼn rooftog met ʼn hamer aangerand is op ʼn plaas in die Steynsrus-omgewing in die Vrystaat.