‘n Lug-swembad word in Londen beplan wat in sy geheel uit glas gebou gaan word en 10 verdiepings bo die grond sal hang.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 Augustus 2015
Oscar Pistorius onseker hoe om oor besluit te reageer
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het nog nie besluit hoe om te reageer ná die besluit dat sy beplande vrylating uit die tronk uitgestel is nie, het sy woordvoerder Donderdag gesê.
Herrie oor vrou wat op vliegtuig wil borsvoed
Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) as “primitief” beskryf nadat hulle ʼn passasier gedwing het om haar baba in die toilethokkie te borsvoed.
Man gevonnis ná hy tiener voor groep vriende verkrag
ʼn 20-jarige man is tot 15 jaar tronkstraf in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy ʼn 15-jarige meisie voor haar groep vriende verkrag het.
Groot teenkanting oor Kovsies-taalbeleid
Meer as 3 000 Solidariteit-lede het in ʼn aanlyn peiling aangedui dat hulle teen die beoogde hersiening van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid is, het die vakbond vandag gesê.
Afrikaans 90: Hoekom haal ek asem?
Julle sal julle hande saamslaan in vreugde dat julle ’n taal het wat so vindingryk, kleurvol en soveel wonderlike raaksêwoorde het, skryf Carel Trichardt.
Arbeidshof staan verlof tot appèl in SAPD-saak toe
Die Arbeidshof het ’n onlangse aansoek om verlof tot appèl van die vakbond Solidariteit toegestaan.
ToekomsVenster: Hy is, was en sal wees
Here, vergewe dan ook die baie geleenthede waar ons onder aanstigting van worstel, verdriet en teleurstelling U bestaan ook vir ʼn oomblik wil ophef. Vergewe ons, ons opstandigheid en stompsinnige redenasies. U is die Alfa en Omega, die Begin en die Einde, die oorsaak en gevolg, die Here.
MRK se verslag oor plaasmoorde bekend
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag ’n verslag oor aanvalle en moorde in landelike gebiede bekend gestel.
Plaasaanvalle: Slagoffers en hul menseregte
Dit wat ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval moet deurgaan, kan nie opgesom word in een of twee paragrawe in ʼn ondersoek nie.
Soldaat beseer tydens weermagoefening
“Ek is dankbaar, want een van die redes waarom ons so baie in opleiding belê, is dat as ons oorlog toe moet gaan, ons nie foute soos hierdie wil hê nie.”
[Video] Bruidegom verras bruid met danspassies
Valerie Tellmann-Henning, ʼn ballerina van die Richmond Ballet in die Amerikaanse deelstaat Virginië, het ʼn lekker verrassing van haar man, Kirk Henning (ook ʼn danser), op hul troudag ontvang.
Bejaarde vrou se geraamte in huis gevind
Die geraamte van ʼn 77-jarige vrou is Donderdag in ʼn huis in Edenvale, Johannesburg, gevind. Daar word vermoed dat die vrou twee jaar gelede dood is, hoewel dit nog nie bevestig kan word nie.
Standbeeld-vandale gevonnis
Die twee vroue wat in Junie die oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein met verf besmeer het, is Woensdag gevonnis.
Man laat sy ma vir dood agter, hoor hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma oor uitstaande skuld vermoor het, het haar vir dood agtergelaat terwyl hy met sy lewe aangegaan het, het die Johannesburgse landdroshof Donderdag gehoor.
Parate inwoners help ‘skotteldiewe’ vastrek ná wilde jaagtog
Te danke aan die optrede van parate inwoners en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy is vier verdagtes Woensdagaand vasgetrek ná ʼn wilde jaagtog deur die strate van Kempton Park aan die Oos-Rand.
Gr. 2-seuns geskors ná beweerde verkragting
“Een seuntjie het selfs vir een van die dogtertjies R2 gegee en toe hy gevra word waarvoor die geld is, het hy gelag en gesê dit is vir lobola.”
Diewe steel motor wat geld moes insamel
ʼn Gerestoureerde 1972 Oldsmobile Cutlass, wat ʼn prys sou wees om geld in te samel vir ʼn voormalige brandweerhoof wat met MNS gediagnoseer is, is gesteel.
Resep: Pekanneutpoeding met koffiesous
Dis altyd lekker om ’n ete met poeding af te sluit. Hier is ’n heerlike gebakte een!
Taalgebruik: sondebok
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die gebruik van die woord “sondebok”. Taaltoffie verduidelik die verskil tussen “sondebok” en “sondaar”.