Vyf mense is dood nadat twee motors Donderdag in die vroeë oggendure op die R21-snelweg in Pretoria gebots het.
Alles vir Donderdag 20 Augustus 2015
Luister: Jou kultuurkoerant vir 20 Augustus tot 26 Augustus
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
SAUK distansieer hom van omstrede mediaregulasie-stelling
“Die SAUK-raad is in geen posisie om die bedryfshoof te dissiplineer weens die feit dat hy bloot sy sienings as landsburger deel nie. Dit is nie in die SAUK se beste belang om by hierdie kwessie betrek te word nie.”
Vrystaatpolisie op soek na dié drie mans
Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulle by te staan om drie gewapende rowers wat Sondag by ʼn sakeroof betrokke was, vas te trek.
Ontlasting-gooiers ‘geen gevaar vir gemeenskap’
Twee jaar nadat nege mans in ʼn omstrede betoogaksie emmers vol menslike ontlasting op die vloer van die Kaapstad Internasionale Lughawe uitgegooi het, is hulle Woensdag vir die oortreding gevonnis.
Gedagte vir die dag: Nie jy nie. Hý sal.
Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses sal gee. (Sagaria 4:6c, Die Boodskap)