ʼn Familie se soektog na ʼn familielid nadat hy vermis geraak het, het Donderdag tragies geëindig toe sy liggaam in ʼn lykshuis in Hillbrow, Johannesburg, opgespoor is.
Alles vir Vrydag 21 Augustus 2015
Plaasmoorde: MRK se verslag grootliks verwelkom
Sommige politieke partye sowel as die burgerregte-organisasie AfriForum asook Agri SA verwelkom die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verslag oor aanvalle en moorde in landelike gebiede.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle – moenie kans nou deur vingers laat glip
Hoewel die reaksie van rolspelers oor die verslag van die MRK oor veiligheid in landelike gebiede oor die algemeen verwelkom word, is daar tog voorbehoude. Maar die uiteindelike vraag bly: Hoe gaan die ANC-regering hierop reageer en veral, wat gaan geïmplementeer en onderhou word? Want soos sake nou staan kan dit tog nie aanhou nie.
Mandela se kleinseun in hof vir beweerde verkragting
ʼn Kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela sal Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn 15-jarige meisie verkrag het.
Taboe-onderwerp laat ons meisies ly
Onlangse navorsing deur Solidariteit Helpende Hand wys dat meer as 10% van die meisies in minder welvarende skole nie oor genoeg sanitêre produkte vir ’n maand beskik nie.
Montecasino-moord: Moordenaars swaar gevonnis
Maruschka Robinson, die voormalige Lollipop Lounge-ontkleedanser, en haar kêrel JP Malan is Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Dustan Blom.
[Video] Weerlig tref vliegtuig
ʼn Video van ʼn weerligstraal wat ʼn vliegtuig tref word wyd op sosiale media gedeel.
Vyf sterf in Vrystaat-botsings
Vyf mense is sedert Donderdag dood in twee afsonderlike botsings in die Vrystaat.
Twee vas wat glo polisiestasie beroof
Shimmy Joseph Makhubedi (29) en Thomas Sikhathi Sindane (42) het Donderdag in die Mokobola-landdroshof in Kwaggafontein, Mpumalanga, verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.
[Foto’s] Hollander vas oor dwelmlaboratorium in Kaapstad
ʼn 55-jarige man van Holland is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn klopjag uitgevoer het op ʼn huis in Durbanville, Kaapstad, en op ʼn onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteit afgekom het.
Een sterf toe twee motorfietse in Pta bots
ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand tydens ʼn ongeluk tussen twee motorfietse in Garsfontein, Pretoria-Oos, oorlede.
Gedagte vir die dag: God het jóú gekies
Ek het gesê: “Jy is my dienaar,” want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie! (Jesaja 41:9b)