ʼn Man wat vermoedelik ʼn polisiebeampte die afgelope naweek in Johannesburg doodgeskiet het, is self Maandag in die vroeë oggendure tydens ʼn skietery met die polisie dood.
Alles vir Maandag 24 Augustus 2015
Dowe leerlinge sterf in brand by skool
Drie leerlinge van ʼn skool vir dowes in Noordwes is Maandagoggend dood toe ʼn brand in die skool se meisieskoshuis uitgebreek het.
Gesondheidsminister in hospitaal opgeneem
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem.
WAT Woord van die week: hamburger
Al ooit gewonder waarom ons dit “hamburger” noem? Taaltoffie stel ondersoek in.
Egpaar aangeval by gewilde uitkykpunt
“Hulle het die aand vroeg by die uitkykpunt in hul motor gesit, toe verdagtes uit die bosse gekom het. Ons is nie seker hoeveel aanvallers daar was nie, maar ons vermoed drie.”
Strand vir honde gesluit ná hulle pikkewyne byt
Die stad Kaapstad het ʼn tydelike verbod op honde geplaas tussen Burghers’ Walk en Links Crescent in Simonstad, Kaapstad, nadat agt bedreigde Afrika-pikkewyne binne twee dae daar doodgebyt is.
Nuuskommentaar: Weer die emmerstelsel?
Met Bloemfontein wat ook nou na “die emmerstelsel” moet terugkeer weens die langdurige droogte en swak munisipale waterbeplanning, kom daar terselfdertyd groter druk uit regeringsgeledere dat die media “die goeie storie” moet vertel anders word hy nie as professioneel beskou nie.
‘Kleiner kans vir verkragters om skuldig bevind te word’
Statistiek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toon dat ʼn verkragter “baie ongelukkig” moet wees om skuldig bevind te word in Suid-Afrika.
Meisie met middel vir diere ingespuit ná ‘verkragting’
ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 12-jarige meisie verkrag en daarna met ʼn middel vir beeste ingespuit het, glo sodat sy nie swanger moet raak nie.
Die uitwerking van egskeiding op kinders is groter as wat ’n mens besef
Van alle kinders wat vanjaar gebore is, sal 50% die effek van hul ouers se egskeiding ervaar vóórdat hulle 18 word. Só blyk dit uit ’n Amerikaanse navorsingsverslag.
Die vurkondersteunde-nokpaalkonstruksie van ‘n wigvormige hartbeeshuis
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers die wigvormige hartbeeshuise gebou het met ‘n vurkondersteunde-nokpaalkonstruksie.
Ingrypend groen: Hoe diep lê jou koolstofvoetspoor?
Die meeste aardbewoners is maar gewone mense met gewone lewens wat in gewone gemeenskappe woon. Tog deel een en elk die bekommernis. Ons voel asof ons hande afgekap is – verál omdat die Bybelse boodskap rondom rentmeesterskap duidelik op elkeen van toepassing is en nié net op wêreldleiers nie.
George-busdiens hervat ná vandalisme, brandstigting
Nege persone is in hegtenis geneem in verband met verskeie aanvalle van vandalisme en brandstigting op busse van die Go George-busmaatskappy.
Oom Herrie se kerrie: Om met die HAT “geslaan” te word
Vandag het mev. Herrie se pakkie van Leserskring gekom. ʼn Dik pakkie. Die Herries se nuwe HAT.
Brandweer en paramedici-krisis in Merafong
Die Merafong plaaslike munisipaliteit aan die Wes-Rand het glo slegs een brandweerwa om ʼn bevolking van 198 000 inwoners te bedien, waar dit veronderstel is om minstens vier brandweerwaens beskikbaar te hê.
Eskom het ‘plan B’ nodig, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Eskom se gebrek aan ʼn gebeurlikheidsplan vir steenkoolvoorraad is niks anders nie as “growwe nalatigheid”.
Gedagte vir die dag: Net tien minute kan jou dag verander
Wees stil voor die Here. (Sagaria 2:13)