‘n 12-jarige seun van Taiwan het by ‘n museum gestruikel en ‘n $1.5 miljoen-skildery gebreek toe hy val.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 Augustus 2015
[Foto’s] Egpaar en hulle hond gered
‘n Egpaar van Kaapstad, mnr. en mev. Lubbe, en hul hond, ‘n Shnauzer, is gered toe hul seiljag, See Brok, Dinsdag naby Durban gesink het.
DA eis óók ondersoek oor Stellenbosch-‘rassisme’
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag by die ANC aangesluit om te eis dat ‘n ondersoek oor bewerings van rassisme by Universiteit Stellenbosch gedoen word, ná ‘n dokumentêr, Luister, uitgereik is.
Valke neem drie kollegas in hegtenis
Drie lede van die Valke is Dinsdag vir beweerde diefstal in Welkom in die Vrystaat deur hul kollegas in hegtenis geneem.
Roger Kebble het glo selfmoord gepleeg
Roger Kebble, die patriarg van die bekende mynbou-familie in Suid-Afrika, het glo selfmoord gepleeg.
ToekomsVenster: Geloof is om God te vertrou
Geloof is om God te vertrou ongeag waarmee jy gekonfronteer word. Om soos die aandgesang te sing: “ek weet aan wie ek my toevertrou het al wissel dan ook dag by nag”.
Verkragtingsake geopen na seks in PE-fliekteater
Sake van verkragting is geopen nadat drie tienerseuns en ʼn 11-jarige meisie glo die naweek betrap is waar hulle seksuele dade op mekaar uitgevoer het in ʼn fliekteater in Port Elizabeth.
Mandela-kleinseun hoor oor borgtog
Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela het Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen nadat ʼn klag van verkragting teen hom aanhangig gemaak is.
Twee sterf toe vliegtuig langs N2 neerstort
Twee mense is dood toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag langs die N2 naby Winklespruit in KwaZulu-Natal neergestort het.
[Skokvideo] Jong mans loop onder polisie deur
WAARSKUWING: Die video bevat kru taal, is gewelddadig van aard en kan sensitiewe kykers ontstel. ʼn Jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.
ANC eis ondersoek oor ‘rassisme’-video by Maties
Moloto Mothapo, hoofsweep van die ANC, het gesê die studente het hulle uitgespreek oor hul “skokkende persoonlike ervarings van geïnstitusionaliseerde rassisme, diskriminasie en teistering [waaronder] hulle steeds ly bloot weens hul velkleur”.
Vangwa-sleep: Uitspraak gelewer
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer in die verhoor van agt voormalige polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op Mido Macia in Februarie 2013.
Een van die oudste boodskapbottels gevind
ʼn Poskaart wat ʼn honderd jaar gelede in ʼn bottel gesit is en in die Noordsee gegooi is, is onlangs in Duitsland ontdek.
Web van wanbestuur, korrupsie bedreig ANC
Vraag: Wat doen ’n beweging – veral een wat homself verabsoluteer – as dinge skeefloop?
Pistorius-familie gaan klag lê oor Oscar-berig
Die Pistorius-familie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die artikel getiteld “Oscar’s diva demands” is feitelik verkeerd, misleidend en is ʼn gruwelike wanvoorstelling van die feite.
Kampsbaai-moord: ‘Kêrel’ bly vir nou agter tralies
Novella word aangekla van die moord op sy 39-jarige vriendin, Gabriela Alban. Internasionale media het berig Alban is tydens ʼn dwelm-aangevuurde sekssessie vermoor en groot hoeveelhede kokaïen is in die kamer gevind.
Brandstofpryse gaan daal
Die omwentelinge in wêreldmarkte, wat reeds dalings van duisende rande in talle Suid-Afrikaners se aftreefondse veroorsaak het, bring wel op 2 September een ligpunt.
‘Verkragter’ wat meisie glo met middel inspuit bly in tronk
Die 22-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 12-jarige meisie verkrag en daarna middels toegedien het, glo sodat sy nie swanger moet raak nie, het Maandag in die hof verskyn.
Swak rand: ‘SA’ners word armer’; Roodt gee raad
Die rand het Maandag gelyktydig sy laagste vlak in die geskiedenis behaal teenoor die vernaamste geldeenhede. Dit beteken net een ding vir die man op straat: Suid-Afrikaners raak armer.
Man kritiek ná hy vir koedoe uitswaai
ʼn Motoris is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagaand op die R64 tussen Kimberley en Boshoff in die Noord-Kaap vir ʼn koedoe uitgeswaai en sy motor daarna omgeslaan het.