Alles vir Dinsdag 25 Augustus 2015

Nuuskommentaar: Ekonomiese bogpraatjies van ekonomiese ministers

Min. Rob Davies se idealisering van die Chinese ekonomie het nou skouspelagtig in sy gesig ontplof, terwyl min. Ebrahim Patel se aangemelde opmerking dat Suid-Afrika nie ekonomiese probleme van sy eie het nie, maar deur die wêreldekonomie op sleeptou geneem word, die gevaar inhou dat die eiesoortige aard van Suid-Afrika se ekonomiese probleme onder die mat ingevee kan word.