Die naam van die eienaars van ʼn private vliegtuig wat gehuur is om adj.pres. Cyril Ramaphosa te vervoer op ʼn amptelike besoek aan Japan is nie bekend gemaak nie, het die minister van verdediging Vrydag gesê
Alles vir Vrydag 28 Augustus 2015
Dowe meisies wat sterf in brand te ruste gelê
Die drie dowe meisies van die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad wat vandeesweek in ʼn brand in hul skoolkoshuis dood is, word dié naweek te ruste gelê.
Hoe leer ʼn kind liefde vir lees aan?
“Ons moet ophou om snobisties te wees oor wat ons kinders lees. Solank hulle net lees, dit is die belangrikste.”
Silwerskermfees 2015: Tertius Kapp oor die uitdagings om ʼn teks te verwerk
Op vanjaar se kykNET Silwerskermfees is daar ʼn paar bestaande werke wat verwerk is vir die grootskerm en Tertius Kapp wat die teks vir Dis ek, Anna in ʼn draaiboek omskep het was deel van ʼn paneelbespreking tydens die fees oor die verwerking van teks. Maroela Media het met hom daaroor gesels.
[Foto’s] N4 eis nóg lewens
Drie mense is dood en vier is beseer nadat twee voertuie Donderdagmiddag op die N4-deurpad naby Brits in Noordwes reg van voor gebots het.
Hoërskoolseun verdrink in Cullinan-dam
ʼn Gr. 11-seun is Donderdag dood toe hy in die Zonderwaterdam in Cullinan verdrink het.
Luitenant vas ná sy glo polisie-skootrekenaar verkwansel
’n Polisieluitenant is in hegtenis geneem nadat sy glo haar skootrekenaar, wat aan die staat behoort, gebruik het om geld by ʼn finansiële onderneming in Klerksdorp, Noordwes, te leen.
Woord: gopse
Ken jy die woord “gopse”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Man veg om lewe ná gasbottel ontplof
“Hierdie gaan ʼn baie, baie lang pad wees. Dis nie net van ʼn paar dae in die hospitaal nie. Dit sal maande se herstel verg.”
Wedersydse respek tussen regering en regbank, sê Zuma
ʼn Vergadering wat Donderdag tussen die uitvoerende gesag en die land se top-regters gehou is, is ʼn praktiese stap om die demokrasie in Suid-Afrika te versterk, het pres. Jacob Zuma gesê.
Nuuskommentaar: Gaan Springbokke gekweste nasie se wonde help salf?
Dit lyk of Suid-Afrikaners tot vanaand sal moet wag om te weet of die land tydens die komende Wêreldbekerrugbytoernooi in Engeland deur sy room, of ’n “getransformeerde” kwotaspan verteenwoordig gaan word. Baie is vir nasionale trots op die spel.
Gruvonds van talle lyke in trok gemaak
Die liggame van soveel as 50 vlugtelinge is Donderdag in ʼn vragmotor in die ooste van Oostenryk gevind.
Ontsnapte gevangenes binne ure aangekeer
Vier gevangenes wat almal lewenslange tronkstraf uitdien, is binne ure in Mthatha in die Oos-Kaap aangekeer nadat hulle ontsnap het.
Vermeende dwelmbaas aangekeer
ʼn 37-jarige Nigeriër is Donderdagoggend in Johannesburg in hegtenis geneem voordat hy ʼn dwelmmuil kon kry om ʼn skootrekenaarsak met 2 kg-kokaïen na Mauritius te vervoer.
Man van Leeukop gered
ʼn Man is Donderdagmiddag van Leeukop in Kaapstad gered nadat hy geval en sy been gebreek het.
[Video] “Jesus Christus woon in die Soedan”
Die volgende skoot wys ’n Johannes 3:30-armband aan Catena se arm: “Hy moet meer word en ek minder.” En skielik bars die presiese betekenis van hierdie bekende teksvers soos ’n ryp granaat voor my oop.
NRG se nuwe musiekvideo verskuif grense
Die eindproduk van NRG se jongste musiekvideo is ʼn swart-en-wit video met slim kamerawerk, ʼn uitstaande danselement en digitale toorkuns wat die presiese boodskap van dié liedjie oordra.
Gedagte vir die dag: “Wees stil en weet Ek is God!”
Wees stil en weet Ek is God! (Psalm 46:11)