Twee Suid-Afrikaners, wat uit hul poste in die advertensiebedryf bedank het, moet nou toilette skrop om hul droom na te streef.
Lees meerAlles vir Maandag 31 Augustus 2015
Studentedialoog op NWU-kampusse van stapel gestuur
Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het vanmiddag aangekondig dat hy studentebelangegroepe om ʼn tafel byeen wil kry vir ʼn reeks gesprekke oor die toekoms van die universiteit.
Ruiters afgegooi toe perde vir leeu skrik
Twee persone is Maandag beseer toe hulle van hul perde afgeval het nadat ʼn leeu hulle glo by ʼn wildtuin in Krugersdorp bestorm het.
Vyf wou landuit met R70 miljoen kontant
Doeanebeamptes by OR Tambo Internasionale Lughawe het vyf persone voorgekeer wat R23 miljoen en US$3.775 miljoen in kontant by hulle gedra het.
Rhodes Must Fall-veldtog verloor steun
Die ANC-jeugliga in die Wes-Kaap het Maandag sy ontevredenheid uitgespreek oor uitlatings deur die studente-beweging, “Rhodes Must Fall” (RMF), wat Marikana en die land se leiers betref.
Beloning aangebied in Vrystaat-moordsaak
Die polisie in die Vrystaat het Maandag ʼn beloning van R50 000 aangebied vir enige inligting wat mag lei tot die suksesvolle vervolging van die moordenaars van ʼn taxibestuurder in Virginia.
ToekomsVenster: Geloof en leierskap
Ai, die vers roer in my hart… ʼn koning wat God vertrou, erken, loof, dank en aanbid.
Kampsbaai-moord: Berigte oor beskuldigde se psigiatriese toestand verbied
Diego Dougherty Novella, die 41-jarige man van Guatemala wat aangekla word van die moord op ʼn Amerikaanse vrou in ’n luukse boetiekhotel in Kampsbaai, is vir 30 dae se psigiatriese waarneming gestuur.
[Foto’s] Menlyn-skietery: Drie vas
Drie mans is in hegtenis geneem ná ʼn wilde jaagtog Maandag in die ooste van Pretoria en ʼn skietery by die Menlyn-winkelsentrum.
[Foto’s] Kar ploeg in vrou in ná moles by Pta-renbaan
ʼn Vrou is Saterdagaand in die parkeergebied van die gewilde Mahem-renbaan in die weste van Pretoria raakgery toe moeilikheidmakers vir groot drama gesorg het.
[Video] Só opereer Da Vinci-robotte
Vier Da Vinci-robotte word deesdae in Suid-Afrika gebruik om op pasiënte met prostaatkanker te opereer.
Nog ʼn meisie glo verkrag en aan boom opgehang
ʼn Sewejarige meisie van Madikwe in Noordwes se liggaam is Sondag gevind waar dit aan ʼn boom gehang het, nadat sy glo verkrag is.
Maties-student geskors oor beweerde rassisme
ʼn Student van die Universiteit Stellenbosch (US) is uit ʼn koshuis geskors nadat hy glo rassistiese skeltaal teenoor ʼn medestudent gebruik het.
[Video] Bejaarde vroue gee raad aan jonges
Volgens ʼn opname deur Sanctuary, ʼn spa in Brittanje, voel ʼn groot persentasie van Britse vroue dat hulle onder geweldige druk verkeer om die “perfekte vrou” te wees.
Harrismith-plaasmoord: Bestuurder al van geboorte op plaas
“Hy was nie net ʼn bestuurder nie, hy was my vriend. Ons was redelik na aan mekaar.”
‘Rower’ by Menlyn-winkelsentrum geskiet
ʼn Man, vermoedelik ʼn verdagte wat ná ʼn rooftog van die polisie probeer vlug het, is Maandag by ʼn gewilde winkelsentrum in die Ooste van Pretoria geskiet.
Seun vind pa se lyk in motorhuis
ʼn Bejaarde man van Welkom in die Vrystaat se liggaam is Vrydag in sy motorhuis ontdek.
Baba buite Pta-huis gelos
ʼn Babaseuntjie is Saterdagaand buite ʼn huis in Pretoria se Moot-omgewing onder ʼn boom gelos.
Panayiotou-saak: ‘Huurmoordenaar’ kort nuwe prokureur
Die man wat daarvan verdink word dat hy Jayde Panayiotou geskiet het, kort ʼn nuwe prokureur nadat sy vorige prokureur, Anne Swanepoel, van die rol van prokureurs geskrap is.
Pa vertel hoe dogter glo in ‘pedofiel’ se kloue beland
“Die eerste wat ons daarvan gehoor het, is toe die polisie aan ons deur geklop het. Voor dit het ons van niks geweet nie.”