Die nasionale polisiehoof se woordvoerder het hom Vrydag in die spervuur bevind toe hy aan LP’s moes verduidelik hoekom ʼn mediaverklaring uitgereik is wat ʼn wanvoorstelling is van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.
Alles vir die maand Augustus 2015
Reuse-dwelmvonds by OR Tambo
Een van die grootste dwelmvondste nog is Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gemaak.
AfriForum stel gemeenskapsoplossing teen misdaad bekend
“Misdaad is ʼn epidemie wat in ons land posgevat het omdat die regering sy plig om wet en orde te handhaaf, versuim.”
Fochville-ongeluk: Seun dood, pa kritiek beseer
ʼn Man in sy 20’s is dood en sy pa kritiek beseer nadat hul bakkie omgeslaan en verskeie kere gerol het in Fochville, Gauteng.
Gedagte vir die dag: “Wees stil en weet Ek is … ”
My hart pyn binne-in my. Die angs van die dood kom oor my. (Psalm 55:5)
[Video] Seuntjie in verwondering oor swangerskap-nuus
ʼn Video van ʼn vyfjarige Britse seuntjie se reaksie toe hy uitvind hy gaan ʼn ouboet word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en is al miljoene kere gekyk.
Soveel SA’ners in oorsese tronke
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Vrydag bekendgemaak hoeveel Suid-Afrikaners gevangenisstraf in oorsese tronke uitdien.
Rugby-moord: Uitspraak gelewer
Blayne Shepard, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Brett Williams, ʼn voormalige seesoldaat in die Royal Marines, ná ʼn rugbywedstryd vermoor het, is Vrydag gevonnis.
Hawelose moor glo vriend oor brood
ʼn Hawelose man van Bloemfontein in die Vrystaat het glo sy vriend met ʼn mes doodgesteek oor ʼn brood.
Video wys hoe rowers polisieman doodskiet
Beeldmateriaal het aan die lig gekom wat wys hoe ʼn rower ʼn polisiebeampte verlede maand tydens ʼn rooftog doodgeskiet het. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.
Voormalige Eskom-hoof kry weer hoë regeringspos
Tshediso Matona was vir minder as ses maande aan die stuur van sake by Eskom.
ToekomsVenster: Seënbedes is verpakte genade.
Gebedsverhoring, beskerming, hulp, bystand, vervulde drome… Die sinnetjies is ʼn kragtige aanduiding van God se ewige vermoë om te seën.
Video: Skating on Thin Uys 30 jaar later op die grootskerm
Die rolprent Skating on thin Uys is gisteraand op die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad vertoon, 30 jaar nadat dit die eerste keer uitgereik is.
Resep: Sonskyn-frittatas
Dit is nie sommer net enige pienkniekbondel nie: Lorraine van Kokkedoor stel dit saam met heerlike eetgoedjies uit haar eie kombuis!
Goeie nuus vir motoriste
Die departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag sal daal.
‘Lekkergoed-rye’ by Woolies verwyder
Woolworths het Vrydag ʼn verandering vir sy winkels aangekondig as deel van sy Good Food-reis om “beter opsies aan klante te bied”.
Op die radar: Leon Stols is lief vir musiek en lief vir die plaas
As ʼn mens na Leon Stols se liedjie “Plaasjapie” luister hoor jy iets van die sanger se hart. Jy besef dan sommer ook gou hoekom sy bynaam Leon Rock Boer is. Dié sanger, oorspronklik van Namibië, het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak.
Drie kritiek ná tiener glo met motor in werkers vasjaag
Drie munisipale werkers is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat ʼn tienerseun Donderdag glo met sy pa se motor in die groep ingejaag het waar hulle langs die pad gewerk het.
[Video] Kyk hoe vang moordwalvis sy prooi
In ʼn video wat deur Cetuscetus opgelaai is, kan mens sien hoe ʼn Orka ʼn vis as aas gebruik om ʼn voël te vang.
N1-ongeluk: Oud-mnr. SA se pa ‘n ‘held’, vlugtende booswig glo oorsaak
Adriaan Bergh, ʼn voormalige Mnr. Suid-Afrika, se pa se optrede ná die ernstige ongeluk Donderdag op die N1-snelweg in noorde van Pretoria, het moontlik sy vriend se lewe gered.