‘n Man wat vir ‘n spinnekop geskrik het, het ‘n groot brand by ‘n vulstasie begin.
Lees meerAlles vir die maand September 2015
Onderwysdepartement sê berigte oor Lesufi is misleidend
Die departement van onderwys het in ‘n verklaring gesê hy neem met kommer kennis van mediaberigte wat aandui dat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, beheerliggame by openbare skole se magte wil oorneem wat skooltoelating en taalbeleid in sy provinsie betref.
Onwettige sigarette saam met perd versteek
‘n Oplettende beampte van die SAID het meer as R1 miljoen se onwettige sigarette in ‘n sleepwa, waarin ‘n perd vervoer is, ontdek.
Terugslag vir Afrikaans by Maties
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Raad het tydens hulle raadsvergadering van 28 September besluit om nie meer Afrikaans as onderrigtaal te beskerm in die amptelike taalbeleid van die universiteit en ander dokumente nie.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Vertrou liewer op God, sê die digter. Hy sal jou nie teleurstel nie.
Veiligheidswag by OTM doodgeskiet; reuse-beloning uitgeloof
ʼn Veiligheidsmaatskappy bied ʼn reuse-beloning aan nadat een van sy werknemers tydens ʼn rooftog by ʼn OTM in Pretoria doodgeskiet is.
Só onthou hulle Evert Snyman
“Evert was altyd reguit, eerlik en sonder draadwerk. Daarom is my huldeblyk aan hom ook eerlik en sonder draadwerk: Evert het my alles wat ek weet van radiowerk geleer.”
Jeffreysbaai-huisrowers in ʼn japtrap vas ná hoëspoedjaagtog
Twee verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn japtrap in hegtenis geneem nadat hulle ʼn 69-jarige vrou van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap oorval en beroof het.
Drie skole, kliniek in NW-betoging verwoes
Drie skole en ʼn kliniek is Woensdag verwoes tydens gewelddadige betogings in Atamalang naby Delareyville in Noordwes.
Boer leef in vrees ná ontdekking van graf
“Ons vermoed daar was moontlik vuilspel betrokke by die dood van daardie plaaswerker, want die manier waarop die plaaseienaar reageer skep die idee dat alles nie pluis is nie.”
Solidariteit Beweging Toekomsberaad: Skep jou eie toekoms
Die Solidariteit Beweging hou op Saterdag 10 Oktober 2015 ʼn Toekomsberaad waar die Beweging se vyfjaar-toekomsplanne bekendgemaak sal word. Inge Strydom het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor dié geskiedkundige beraad gesels.
Jong vrou se lyk in rivier buite Pta gestort, polisie vra hulp
Die polisie benodig hulp van die publiek om ʼn jong wit vrou, in haar 20’s, te identifiseer nadat haar liggaam twee weke gelede buite Pretoria gevind is.
Resep: Varkfamiliekoek
As jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy pienk malvalekkers of pienk plastiekversiersel gebruik om die ore te maak en pienk pypskoonmakers vir die sterte gebruik.
Sy mousse nie…
ʼn Vrou van Oos-Europa moes na ʼn hospitaal gaan nadat sy isolasieskuim, in plaas van mousse, in haar hare gebruik het.
Hof skrap beplande tolprojek vir Kaapstad
Kaapse motoriste kan vir eers ʼn sug van verligting slaak nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof Sanral se beplande Wynland-tolprojek geskrap het.
Bejaarde man langs vrou vermoor
ʼn Bejaarde man van Johannesburg is Woensdagoggend langs sy vrou in hul bed met ‘n skerp voorwerp doodgesteek toe twee mans by hul kothuis ingebreek het.
Voortvlugtige ná 11 jaar aangekeer
Ulrich Cloete, ʼn 29-jarige man wat die Noord-Kaap-polisie vir 11 jaar ontduik het, is weer agter tralies.
[Foto’s] Huishulp, drie ander in hof ná Thabazimbi-plaasmoord
Vier verdagtes, onder wie die slagoffers se huishulp, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is.
Boek: Humor- en troosbeskuit
Susan gee ons raad oor hoe om blou Maandae, geen melk in die yskas en ESKOM se loadshedding te hanteer deur alles in ’n stewige omhulsel van humor te plaas.
O die pyngedagte: My kind het kanker
Die Allerston-gesin van Malelane, Mpumalanga, is in April 2013 deur skoknuus op hul knieë gedwing. Hul driejarige seuntjie, Jano, is ʼn maand voor sy vierde verjaarsdag met Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL) gediagnoseer – enige ouer se afgryslikste nagmerrie.