Chaos het in ʼn hof in Michigan in die VSA uitgebreek toe ʼn pa die man wat skuldig bevind is vir sy aandeel in die dood van eersgenoemde se driejarige dogtertjie met die vuis bygedam het.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 September 2015
Ramaphosa wis ook nie dit is ʼn Gupta-straler
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag ontken dat hy bewus was dat die vliegtuig waarmee hy onlangs na Japan gevlieg het aan die omstrede Gupta-familie behoort.
DA wil Pta by ANC vat, stel kandidate bekend
Die DA meen sy ondersteuningsbasis in Pretoria het sterk gegroei en dat hy moontlik ná volgende jaar se plaaslike verkiesings die stad kan lei.
Springbok-hofaansoek: ‘Dit was strategiese plan’
Die politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag gesê hy is tevrede met die uitkoms van sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, al is die aansoek teruggetrek.
‘Rower’ by vulstasie doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Woensdag by ʼn vulstasie naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe doodgeskiet.
Droë warm somer voorspel
ʼn Droë en warm somer lê vir groot gedeeltes van die land voor, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê,
Nóg ʼn egpaar op KZN-plaas aangerand
ʼn Egpaar van KwaZulu-Natal is Dinsdag op hul plaas in die Melmoth-omgewing aangerand toe hulle helder oordag deur drie mans oorval is.
ToekomsVenster: Die Here is my Herder
Miskien sou jy Hom dan vandag as die uitvoerende hoof van jou maatskappy, die bestuurder van jou besigheid en die navigator van jou lewe wil beskryf. Hy bly die Here.
[Video] Google trek nuwe baadjie aan
Google het Dinsdag aangekondig dat hy sy bekende logo gaan verander wat “jou sal wys dat Google vir jou werk – selfs op die kleinste skermpie”.
Hofaansoek om Springbokke uit Wêreldbeker te hou teruggetrek
Die onbekende politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, teruggetrek.
‘Ons is keelvol vir misdaad’, sê boere ná moord op medeboer
ʼn Klompie boere uit die Laingsburg-omgewing het Woensdagoggend by die landdroshof op die dorp byeengekom tydens die hofverskyning van twee mans wat aangekla word van die moord op ʼn medeboer.
Ma red baba uit kaper se kloue
ʼn Vrou en haar vier maande oue baba is Woensdagoggend beseer tydens ʼn beweerde kapingspoging in Rosettenville in Johannesburg.
Ekonomiese oorsig: Die wêreld-ekonomieë voer ‘n opdraande stryd
Die wêreld-ekonomieё wil maar net nie behoorlik op dreef kom nie. Die een oomblik word die indruk geskep dat sake beter verloop, om dan maar weer met swakker nuus gevolg te word. Die nuus uit die VSA is beter, maar swakker vanuit China.
Al meer Russiese soldate in Sirië ontplooi
Volgens berigte gaan Rusland die diktatuur van pres. Basjar al-Assad van Sirië steun in ’n poging om die fokus op die IS as wêreldvyand te vestig.
Tiener terug na Engeland ná ernstige rugbybesering
George Robinson (17) keer Woensdag terug na Engeland nadat hy in Julie tydens ʼn wedstryd op ʼn rugbytoer in Suid-Afrika ernstig beseer is.
Luister na die gedig: Bitterbessie dagbreek
Ingrid Jonker se bekende gedig, “Bitterbessie dagbreek”. ‘n Opname waar Ingrid self die gedig voordra volg onderaan.
NW-regering betaal salarisse vir 36 000 ‘spookwerkers’
Soveel as 36 000 staatsamptenare in Noordwes verdien maandeliks ʼn salaris, hoewel hulle nie werklik vir die provinsiale regering werk nie.
Nuuskommentaar: G*tvol vir korrupsie
Suid-Afrika beleef tans ʼn ystydperk van korrupsie, wanadministrasie en magsmisbruik, maar die aanduidings is dat baie van die land se inwoners nou meer as net keelvol is vir daarvoor.
[Video] Buitebioskoop: Só sê Leon van Nierop
Leon van Nierop bied binnekort ʼn filmwaarderingswerkswinkel aan tydens Maroela Media se Buitebioskoop op 12 September by die Botaniese Tuin in Pretoria en ons het met hom daaroor gesels.
Broer en suster sterf saam in ongeluk: ‘Hoe gaan ʼn mens aan?’
“Hoe gaan ʼn mens aan as albei jou kinders saam weggevat word? Ek het nie vir jou ʼn antwoord nie. Hulle sê daar is ʼn plan met alles. Ek kan dit nie sien nie.”