Die DA het Vrydag gesê die omvang van die hael- en reënskade in Lichtenburg, Noordwes, moet ondersoek word om te bepaal of die dorp nie tot ʼn rampgebied verklaar moet word nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 4 September 2015
Beurtkrag dié week moontlik weens instandhoudingskedule
Ná 25 dae sonder enige beurtkrag sal Eskom die komende week waarskynlik weer beurtkrag moet toepas aangesien die kragvoorsiener groot instandhoudingwerk moet aanpak.
Taxi’s sper strate in Centurion af
Minibustaxi’s het Vrydagmiddag strate in Centurion versper nadat ʼn dispuut oor roetes tussen die onderskeie taxi-eienaars glo ontstaan het.
ToekomsVenster: Here help my om die regte lewenspad te kies
Mag jy vandag vrede vind met die trajek waarop jy jouself bevind. Moenie dat die mooi rondom jou en die oomblik by jou verbygaan nie. Dis uiteindelik die reis wat saak maak, die bestemming kom vanself.
Minderjarige gevonnis vir verkragting, poging tot moord
ʼn Minderjarige seun is Donderdag in die Springbok-streekhof gevonnis vir die verkragting van en poging tot moord op ʼn 47-jarige vrou.
UK-student se liggaam vermoedelik gevind
ʼn Liggaam, vermoedelik dié van ʼn student van die Universiteit van Kaapstad wat Sondagaand in die see by Koffiebaai in die Oos-Kaap verdwyn het, is Vrydag opgemerk.
Man se gebrande lyk in polisiesel aangetref
ʼn 44-jarige man wat in hegtenis geneem is vir drink in die openbaar, is later dood in ʼn polisiesel aangetref.
3 sussies, 3 babas, 1 dag, 1 hospitaal
Drie sussies van een gesin in Ierland het Dinsdag elkeen geboorte geskenk aan ʼn baba en ʼn vierde sussie se baba is binnekort op pad!
PE-polisieman aan diens geskiet
Die Oos-Kaapse polisie het ʼn voorval waarin twee beamptes, ao. Ewald Els (40) en ao. Jakobus Botha (42), Donderdagaand aangeval is terwyl hulle aan diens was, ten sterkste veroordeel.
900 miljoen aktiewe WhatsApp-gebruikers
Jan Koum, uitvoerende hoof van die teksboodskapdiens, WhatsApp, het bevestig dat hulle die mylpaal van 900 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers gehaal het.
Woord: verfomfaai
Gebruik jy graag die woord “verfomfaai”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Wimpy-hawelose wat bid: ‘Die les was soveel meer’
“Die les wat hy my daardie dag geleer het, is baie meer werd as die R50 wat ek aan die kos bestee het.”
[Foto’s] Wapen-arsenaal in verlate huis gekry
Die polisie in Limpopo het Donderdagaand op ʼn arsenaal vuurwapens en ammunisie in ʼn verlate huis in die provinsie afgekom.
‘NW-spookwerkers se salarisse verdwerg Nkandla’
Die koste van die 36 000 spookwerkers in die provinsie Noordwes se salarisse is in een maand sowat 3,5 keer meer as wat pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning tot dusver gekos het, het die vakbond Solidariteit gesê.
Redakteursbrief: Tant Hendriena wéét nou, in die hemel
Dis die mense wat nog tyd het om stories te vertel, wat nog by hul bure suiker leen, wat op ʼn Sondagmiddag oorstap vir tee en wat blomstiggies uitruil en naweke visvang, skryf Susan Lombaard.
Mandela-kleinseun opgeneem vir depressie
Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela wat van verkragting aangekla word, se borgtogvoorwaardes moes Vrydag in die Johannesburg-landdroshof aangepas word nadat hy vir depressie in die hospitaal opgeneem is.
[Video] Só het kanker en Cancer.vive my lewe verander – deel 2
Die jaarlikse Cancer.vive-uittog is om die draai en Maroela Media het met ʼn paar mense wat betrokke is by Cancer.vive gesels. In deel 2 gesels ons met twee mense wat self deur ʼn stryd met kanker is, Maria Muller en Raynolda Makhutle. Maria is op 7 jaar vir die eerste keer met kanker gediagnoseer en Raynolda op 40 jaar.
Gebrande liggaam in kragsubstasie gevind
Die gebrande liggaam van ʼn onbekende man is Woensdag by ʼn kragsubstasie in Hennenman in die Vrystaat gevind.
Boervrou tydens Standerton-plaasaanval aangerand
Beverley Archer, ʼn 70-jarige boervrou, is Donderdagmiddag op haar gesin se plaas naby Standerton in Mpumalanga deur vier gewapende mans oorval, aangerand en beroof.
Oudverkeersbeampte lank tronk toe oor moord op vrou, kinders
ʼn Voormalige verkeersbeampte in Mpumalanga is gevonnis vir die moord op onderskeidelik sy vrou en twee kinders.