Twee mans is Woensdag skuldig bevind aan die wrede moord op Sarel Janse van Rensburg (75) in September verlede jaar op ʼn plaas naby Dullstroom in Mpumalanga.
Alles vir Woensdag 9 September 2015
[Video] Man stormloop selfoondief in Jhb-winkelsentrum
Jacques Erasmus (37) het oornag ʼn internetsensasie geword nadat hy die naweek ʼn vermeende selfoondief in ʼn gewilde winkelsentrum in Johannesburg platgetrek het.
Open Stellenbosch, transformasie en die US
Die atmosfeer op die Matie-kampus kan met een woord beskryf word: elektries.
Siriese vlugtelinge nie welkom in Golfstate
Terwyl Europa steier onder die druk van meer as ʼn miljoen vlugtelinge, tree die Arabiese Golfstate, van die rykste lande ter wêreld, afkeurend teen die vlugtelinge op.
Suid-Afrika is nié die enigste land met woede en ontevredenheid
Dis in sulke omstandighede dat kiesers na populistiese, ekstremistiese strooihalms gryp. Hulle stem nie noodwendig saam met Trump, Corbyn of Le Pen se wilde voornemens nie, maar hulle is woedend vir die onbetroubare establishment en wil ’n boodskap uitstuur.
Man vermoor glo drie ander oor stamleierskap
ʼn Man wat glo drie mense doodgeskiet het nadat hulle ʼn petisie wou oorhandig om hom van tradisionele leierskap te weerhou, sal Woensdag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn.
Man vas oor vrou se skietdood: ‘Ons het dit heeltyd vermoed’
“Hy het maar snaakse neigings gehad; erg buierig. Odette het van tyd tot tyd dinge laat val soos dat hy ʼn private speurder gekry het om haar te agtervolg.”
Slaan die depressie-trio só hok
Annelize Jansen van Rensburg ken depressie self baie goed. Sy skryf hierdie brief ter herdenking van die Wêrelddag vir die voorkoming van selfmoord, wat op 10de September plaasvind.
[Foto’s] Koningin Elizabeth II ‘rots van stabiliteit’
Koningin Elizabeth II (89) is nou amptelik die langste regerende Britse monarg. Sy het pas haar groot oumagrootjie, koningin Victoria, se rekord van 63 jaar en sewe maande gebreek.
Seun (6) sterf ná motor rol
ʼn Sesjarige seun is Woensdagoggend dood en ʼn man ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het verskeie kere in Vanderbijlpark in Gauteng gerol het.
Francois en Elizabeth vier kwarteeu in musiekbedryf
Dit is nou al 25 jaar sedert Francois en Elizabeth Fourie die musiekbedryf oorrompel het met hul treffer “Wil jy dans, Carina?”
[Video] In die stad van die Reformasie om te praat oor transformasie
Die Verenigde Nasies (VN) se Europese hoofkwartier in Genève is een van die bekendste bakens in dié stad. Die VN se Palais des Nations (Paleis van nasies) word van alle kante afgeneem deur toeriste en besoekers wat die laaste dae van die Europese somer indrink.
Nuuskommentaar: Studenteleiers se minagting van grondwet stel teleur
Die tale-onmin op kampusse het pas op ’n interessante manier oor Kovsies in Volksblad gemanifesteer, met Afrikaanse studenteraadslede (SR) wat in duidelik georkestreerde briewe aan die koerant hul saak vir slegs Engelse onderrig stel. Dat dit vol gate en naïef is, is onrusbarend, maar dat dit die grondwet misken is ontstellend.
Resep: Aartappels met roosmaryn en spek
Glo my, jy sal nooit genoeg van dié aartappels kan maak nie. Hulle vlieg behoorlik uit die skottel en as daar dalk een of twee oorbly, sal jy laataand sien hoe iemand terugglip kombuis toe vir nog ’n happie!
Pa vas ná Jhb-ma sterf in ‘kaping’
“Dit was duidelik ʼn doelbewuste sluipmoord. Sy het ook glo kort voor die moord vir hom gesê sy wil ʼn egskeiding hê.”
‘Dwelmverslaafde’ in hof vir moord op geliefde Pta-ouma
Die vermeende dwelmverslaafde wat Maandag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem is, skaars nege uur nadat hy Anita Cassell, ʼn geliefde ma en ouma in haar laat 60’s, glo vermoor het, gaan na verwagting vandag in die hof verskyn.
Aanvaarding bring vrede
Wanneer jy jou kind sien groei en sy of haar potensiaal raaksien, is dit soveel erger as daardie potensiaal weggevat word en al wat oorbly, is ʼn leë weergawe van ʼn kind wat soveel kon gewees het.
Ellisras-brand: Meisie (8) sterf
Katelint da Costa, die agtjarige meisie van Lephalale (Ellisras) wat ernstige brandwonde opgedoen het toe haar ouerhuis in ʼn brand vernietig is, is oorlede.
Vierjarige sterf ook ná suur-aanval
Die polisie in Durban ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vierjarige seuntjie en sy tannie gesterf het nadat suur oor hulle uitgegooi is.
[Video] Maak jeug bewus van fynbos
Die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco) het onlangs die Kaapse blommestreek tot meer as ʼn miljoen hektaar vergroot.