Alles vir Vrydag 11 September 2015

Nuuskommentaar: Is ons dan ape? Nee, ape gedra hulle beter

Die nuus waarmee die ontdekking van ’n nuwe hominiede-spesie, Homo naledi, bekend gemaak is, het tot die gebruike stroom kritiek gelei – ironies van mense wat dit skynbaar “namens” die Here pleeg. Maar is mense se onverdraagsaamheid met ander wat die wêreld anders as hulle sien weens ʼn ander wêreldbeskouing, werklik die manier hoe Christene behoort op te tree?