Honde “sing” soms saam wanneer daar musiek gemaak word, maar hierdie brak tokkel sommer self die snare vir sy eie liedjie!
Lees meerAlles vir Sondag 13 September 2015
Noodsaaklike Agoa-vergadering Maandag belê
Beamptes van Suid-Afrika en Amerika sal Maandag ʼn noodsaaklike, dringende vergadering hou in ʼn poging om handelskwessies op te los voor Suid-Afrika dalk ʼn gedeelte of sy volle R21 miljard per jaar-ooreenkoms van belastingvrye toegang tot die winsgewende Amerikaanse mark verloor.
BBP-beampte het glo vrou, dogter doodgeskiet
ʼn Adjudantoffisier van die eenheid wat baie belangrike persone by die Uniegebou beskerm, is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en dogter, het die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) Sondag gesê.
Presidensie moet antwoord oor Guptas se Eskom-kontrak
Mediaberigte het Sondag bevestig dat Eskom agteroor gebuig het om seker te maak dat die Gupta-familie, wat politieke bande het, ʼn steenkoolkontrak van R4 miljard ontvang, het die Demokratiese Alliansie gesê.
[Foto’s] Maroela Media se Buitebioskoop bekoor groot Afrikaanse gehoor
ʼn Toentertydse tradisie met ʼn moderne kinkel het gesinne, vriende en verliefdes Saterdag na die Pretoria Botaniese Tuin laat stroom vir Maroela Media se heel eerste Buitebioskoop. Die idee van fliek, musiek, piekniek en samesyn, amper soos die inry van ouds, was só gewild dat die 1 200 beskikbare kaartjies drie dae voor die geleentheid reeds uitverkoop was.
[Video] Bang vir haar eie skaduwee
Mike Jacobs se Facebook-video van sy dogtertjie wat vir haar eie skaduwee skrik, is die afgelope drie dae reeds meer as 22 miljoen keer gekyk.
Gooi kernbomme op Mars, meen Elon Musk
Die Suid-Afrikaaans-gebore ruimte-entrepreneur, Elon Musk, het hom groot kritiek op die hals gehaal toe hy tydens The Late Show op Amerikaanse TV gesê het Mars se klimaat kan gou meer ondersteunend vir menslike besetting gemaak word.
Uitlander in Plettenbergbaai-hof oor seksuele oortredings
ʼn 38-jarige man van Ghana sal na verwagting Maandag weer in ʼn landdroshof in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verskyn op aanklag van verskeie seksuele oortredings met vier meisies tussen sewe en 11 jaar oud.
[Foto’s] R9.4 miljoen vir Dries Visser-koedoebul
ʼn Koedoebul is Saterdag by ʼn veiling in Thabazimbi, Limpopo, vir ʼn rekordbedrag van R9.4 miljoen verkoop.
Skoon oudit vir handel en nywerheid
Die departement van handel en nywerheid het ʼn skoon oudit van die ouditeur-generaal ontvang vir sy 2014/15- finansiële jaar.
Stad se versuim laat grondbesetting voortduur
Die Demokratiese Alliansie het gesê die stad Johannesburg moet sy planne om behuising beskikbaar te stel versnel, aangesien huidige tekorte onwettige grondbesetting laat voortduur.
3 dood, 30 beseer in KZN-ongeluk
Drie persone is Sondagoggend omstreeks 06:00 dood en minstens 30 beseer in ʼn ongeluk op die N3 naby Hilton in KwaZulu-Natal.
Twee kritiek beseer in Pta-motorfietsongeluk
Twee persone is Saterdagaand kritiek beseer nadat ʼn motorfiets ʼn taxi omstreeks 20:00 in Britsweg, Akasia in Pretoria, getref het.
Centurion-tiener nog steeds vermis
Sonique van Wyk (14) van Centurion in Gauteng word nog steeds vermis nadat sy Dinsdag uit Rooihuiskraal verdwyn het.
Soektog na vermiste tiener nog vrugteloos
ʼn 17-jarige tiener van Mannenberg het Saterdag vermoedelik by Kampsbaai in Kaapstad verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Gedagte vir die dag: Karoo-tyd
U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd. (Psalm 16:11)