Die geliefde verhaal, Maya die by, word Vrydag landswyd in drie tale, Afrikaans, Engels en isiZulu op die grootskerm vrygestel.
Lees meerAlles vir Maandag 14 September 2015
Vierling vir niksvermoedende ma
ʼn Span dokters en verpleegsters by die Benedictine-hospitaal in KwaZulu-Natal moes Sondagaand vinnig spring om op kort kennisgewing ʼn vierling in die wêreld te bring.
[Video] Beurse vir studies in besigheidsbestuur
Vyf beursprogramme, ter waarde van R250 000 elk, is vandag in Krugersdorp tydens ‘n funksie by die Hoërskool Noordheuwel bekendgestel.
Twee gou vas ná Humansdorp-ma se moord
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Roseline Bosman (45) nadat haar liggaam Saterdag in haar huis in Humansdorp in die Oos-Kaap gevind is.
Regstappe teen Eskom oor Gupta-kontrak
Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag regstappe teen Eskom ingestel, nadat Tegeta Explorations & Resources ʼn R4 miljard kontrak met Eskom losgeslaan het om die Majuba-kragstasie vir die volgende 10 jaar van steenkool te voorsien.
[Video] Lugmag, SAL praat oor vlieëniers
Die Suid-Afrikaanse Lugmag het bevestig hy is in gesprek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Lugdiens (SAL) oor ‘n tekort aan lugmagvlieëniers.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Vertrou Hom in jou stryd, Hy sal jou nie teleurstel nie.
Skokvideo van boelie-aanval by Jhb-skool
Op die video kan gesien word hoe die leerder deur ʼn groep skoliere op ʼn sportveld geslaan en geskop word. Die seun val naderhand op sy knieë en hou sy hande oor sy kop om homself te beskerm, maar die groep hou net aan om hom te skop.
Polisieman skiet vriendin, pleeg selfmoord
ʼn 31-jarige vrou sterk in die hospitaal aan nadat haar kêrel, ʼn polisiebeampte, haar glo geskiet en toe selfmoord gepleeg het.
Student in Stellenbosch-woonstel aangeval
ʼn Jong student van Stellenbosch is erg getraumatiseer nadat sy Vrydagaand in haar woonstel oorval, gewurg en met ʼn skroewedraaier gesteek is.
Middelburg-meisie sedert Donderdag vermis
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn 13-jarige meisie van Middelburg in Mpumalanga wat Donderdag spoorloos verdwyn het.
Luister: Christo Davids oor die groot rol van ‘Tjokkie’
Die nuwe weergawe van PG du Plessis se meesterstuk, Siener in die Suburbs, is binnekort by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom te sien. Christo Davids vertolk die rol van Tjokkie en Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Woordveertjies vereer uitblinkers in woordkuns
Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is Vrydag tydens ʼn feestelike geleentheid in Durbanville aangewys.
Ma glo vir tabletrekenaar vermoor
Maggie Castleman (48), wat skaars drie maande gelede van Nelspruit na Louis Trichardt in Limpopo verhuis het, is Saterdagaand naby haar werkplek in dié dorp glo vir ʼn tabletrekenaar vermoor.
Tot 18 werk die ‘cookie-cutter’ van die lewe nog
Is jy ooit spyt jy het dit nie anders gedoen nie? Boksies van die lewe afgetick, ja, maar kan ’n mens dit regtig nog ʼn “lewe” noem?
Luister: ‘Speurhond Willem’ se ma kom kuier
Die bekende skrywer, Elizabeth Wasserman, wat bekend is vir haar kinderboeke soos Speurhond Willem en Anna Atoom, het Maroela Media kom besoek tydens haar skrywerstoer in Gauteng.
Man met wielsleutel aangerand op Pta-kleinhoewe
ʼn Man van Pretoria is in die hospitaal nadat hy Vrydagaand op ʼn kleinhoewe deur aanvallers oorval en met ʼn wielsleutel aangerand is.
Kragnetwerk dié week onder druk
Eskom het Maandag gesê die kragnetwerk sal dié week onder druk wees aangesien die elektrisiteit wat van Mosambiek af ontvang word weens instandhoudingswerk gehalveer sal word.
Polisiebeampte in hof ná hy glo vrou, dogter doodskiet
“Terwyl die vrou besig was om kos te kook, het hy na bewering ʼn vuurwapen in ʼn ander kamer gaan haal, teruggestap en sy vrou en dogter doodgeskiet.”
Sanger skuil in hysbak terwyl boewe toeslaan
‘n Gewilde Pretoriase sanger en sy vriendin moes vroeg Saterdagoggend in sy huis se hysbak skuil nadat ʼn onbekende aantal inbrekers op sy huis in Eldoraigne in Centurion toegeslaan het.