Olivia Jackson (32), ʼn bekende Hollywood-waaghals wat in Suid-Afrika gebore is, veg vir haar lewe ná ʼn fratsongeluk in Johannesburg op die stel vir die fliek Resident Evil: The Final Chapter.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 September 2015
Boerewors-kampioen gekroon
Die wenner in die 2015 Championship Boerewors-kompetisie is Dinsdagmiddag in Kaapstad aangewys.
Mugabe lees die verkeerde toespraak
President Robert Mugabe van Zimbabwe het Dinsdag ʼn groot flater begaan toe hy tydens die opening van sy land se parlement die verkeerde toespraak voorgelees het.
Omar al-Basjir dalk volgende maand wéér in SA
President Jacob Zuma het diplomate Dinsdag laat gis of die omstrede Soedannese president Omar al-Basjir Suid-Afrika dalk weer kan besoek om die beraad van die Forum op China-Afrika Samewerking (Focac) by te woon.
VSA wantrouig oor SA se ekonomiese beleid
Suid-Afrika se handelsvennote in Amerika en die Europese Unie het vandag vir die eerste keer reguit en ondiplomaties aan die ANC-regering gesê beleggingsvertroue in die land is ‘op sy laagste ooit’.
Werk by Kusile-kragstasie opgeskort ná hyskraan-ongeluk
Een persoon is by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga dood toe ʼn hyskraan Maandagmiddag op die perseel ineengestort het.
ToekomsVenster: Volg net God se leiding
God heers oor alles en almal en kan doen wat Hy Hom voorneem om te doen. Ons moet net sy leiding volg. Hy staan self in vir die geloofwaardigheid van sy Woord.
Man wat handgranaat gooi in hof: ‘Dit was ’n gevoellose moord’
“Dit was ʼn gevoellose uitvoering van ʼn moord. Hierdie is nie jou alledaagse moordsaak nie.”
US-raadslid oor transformasie: ‘Onverdraagsaamheid wek diep kommer’
“Sulke onverdraagsaamheid vir meningsverskille oor wenslike en onwenslike transformasie, boonop nog in ʼn akademiese omgewing, wek diep kommer.”
Bekende Bloemfonteiner sterf genadedood: ‘Ek is nie bang nie’
“Ek is innig en opreg dankbaar as ek terugkyk op die afgelope 45 jaar dat ek so ʼn wonderlike, geseënde en vervullende loopbaan en lewe gehad het.”
Johann Beukes: ʼn Onderhoud voor die dood
Johann Beukes, ʼn bekende sakeman van Bloemfontein, het Maandag in die ouderdom van 66 sy lewe in ʼn kliniek in Zürich, Switserland, met behulp van ʼn genadedood-organisasie beëindig. Twee weke voor sy dood, is hierdie onderhoud met hom gevoer.
[Foto’s] Ou horlosie-onderdele sorg vir besonderse kunswerke
Haar werk het ongelooflike detail en laat ’n mens dink aan karakters wat net in boeke voorkom.
Boek: Gesonde Seks
Gesonde seks in die huwelik is nié vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks móét begin praat. Nie as nagedagte of as voetnota of as afgerammelde onderwerp nie, maar as ’n hoofpunt van bespreking.
Paramedici stop om hond te probeer red
Paramedici van Netcare 911 het Dinsdagoggend iets buitengewoon gedoen deur ʼn hond wat deur ʼn motor raakgery is, te behandel.
Brittanje dawer van juigkrete – om uiteenlopende redes
Toe Jeremy Corbyn laas Saterdag formeel as die nuwe leier van die Britse Arbeidersparty aangewys is, het Brittanje gedawer van die juigkrete.
Vermiste meisie: Ouers stort hul hart uit
Die ouers van Neline van Zyl, die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat sedert Donderdag vermis word, het Maandag hul hart uitgestort in ʼn onderhoud met die plaaslike gemeenskapskoerant.
Valke-hoof in KZN tweede keer geskors
Johan Booysen, hoof van die KwaZulu-Natalse Valke, is geskors, het die elite-misdaadbekampingseenheid Dinsdag bevestig.
Nuuskommentaar: Die “selfie” en nou die self
Op die historiese dag, 10 Oktober vanjaar, vorder die Solidariteit Beweging se onlangse Krisisberaad tot ’n Toekomsberaad. Ten spyte van pogings om die konsep “self” in die media verdag te maak, sal die woord “self” steeds sterk sentraal staan – maar in diepe afhanklikheid van die Allerhoogste.
[Video] Domino’s verwar dié kleuter
ʼn Video van ʼn kleuter wat nie heeltemal seker is hoe domino’s werk nie, beloof om jou dag op te kikker!
Kragonderbreking-foto slaan prysgeld van duisende rande los
ʼn Ugandese fotograaf het die eerste Pan-Afrika-fotokompetisie gewen met ʼn foto van sy eenjarige seun wat op ’n selfoon speel tydens ’n kragonderbreking.