“Hy het hulle beveel om op te hou waarmee hulle besig was en die huis te verlaat, maar hulle het geweier en hom met ʼn skroewedraaier gedreig.”
Alles vir Dinsdag 15 September 2015
Vra jou kind die regte vrae
Vir baie ouers is dit soms ʼn gesukkel om ʼn gesprek met hul kind te voer wanneer hy of sy van die skool af kom. As daar gevra word hoe jou kind se dag was, kry jy soms net ʼn “oukei” of “orraait”.
[Video] Donnalee en Ivan weer saam op die grootskerm
Donnalee Roberts en Ivan Botha het verlede jaar fliekgangers bekoor met hul uiters suksesvolle rolprent, ‘Pad na jou hart’, en nou is hulle binnekort weer op die grootskerm te sien in die fliek ‘Vir altyd’.
Resep: Gebraaide soet brandrissie-steurgarnale
Die naam “garnaal” en “steurgarnaal” word dikwels omgeruil, aangesien hierdie skaaldiere baie gemeen het: Hulle het albei tien bene, kom in vars water of soutwater voor, en leef op die bodem, hetsy in die see of ’n rivier.
Sandra beslis by Aardklop, al kan Jani nie haar draaie kry nie
Sandra Prinsloo se eenvrouvertoning Jani wat vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien sou wees, is gekanselleer, maar sy gaan nog steeds by dié fees ‘n draai maak.
[Video] Kers brand onder water
In dié video wys hy jou hoe om ʼn kers onder water te laat brand. Dit klink dalk onmoontlik, maar dis eintlik baie eenvoudig.
Derick Hougaard in ongeluk
Die Blou Bul-liefling, Derick Hougaard, was Maandagaand in Johannesburg in ʼn botsing betrokke ná ʼn opname van SuperSport se gewilde program, SuperRugby.
Uitdrukking: ʼn Belofte gestand doen
Al ooit gewonder waar dit uitdrukking, “‘n belofte gestand doen” vandaan kom? Taaltoffie stel ondersoek in.
Huishulp wat kind glo ontvoer in hof
ʼn 32-jarige vrou wat as huishulp vir ʼn gesin van Oos-Londen gewerk het, sal Dinsdag in die hof verskyn nadat sy glo hul driejarige kleuter ontvoer het.
US Woordfees stel eie leeskring bekend
Die jaarlikse US Woordfees het sonder twyfel een van die stewigste boekprogramme in die land. Maar met dié lekkerte beperk tot ʼn week in Maart elke jaar, het die Woordfees se programkoördineerder vir die Skrywersfees besluit om ʼn ander plan te maak: ʼn eie Woordfees Leeskring.
Kinders met leerprobleme: AGHS
Wanneer ’n kind met AGHS of simptome daarvan ouer is (selfs vanaf graad 1) en bewus is van hierdie simptome kan hy, met behulp van ’n opvoedkundige sielkundige, doeltreffend ondersteun word.
Noodkreet van ’n leierlose uitgeworpene
Ek is lief vir hierdie land en wil graag sien dat Suid-Afrika die vooruitstrewende wêreldmoondheid word wat ek weet ons kan wees.
Resensie: ‘Ons gaan nou lekker dans’ – Verskeie kunstenaars
Soos ʼn mens kan verwag, is daar iets vir almal in hierdie versameling, maar nie almal sal van sommige snitte hou nie. Hoe ook al, daar is genoeg snitte om ʼn partytjie behoorlik lewe te laat kry en daarom behoort die gewildheid van hierdie CD niemand te verbaas nie.
KZN-universiteit gesluit nadat gewelddadige betogings uitbreek
Die instansie het klasse opgeskort nadat betogers, wat glo studente is, motors met klippe bestook en geboue op die kampus aan die brand gesteek het.
Polisie ontken doodsdreigemente in Senzo Meyiwa-moordondersoek
Die polisie het Maandag berigte ontken dat ʼn beampte wat betrokke is by die ondersoek na die moord van Senzo Meyiwa (27), kaptein en doelwagter van Bafana Bafana, bedank het nadat sy doodsdreigemente ontvang het.
Drie sterf in gru-ongeluk op N2
Wrakstukke was oor ʼn paar honderd meter op die hoofweg versprei. Slegs een baan op die N2 was oop vir verkeer wat vir ure geraak is weens die ongeluk.
Gedagte vir die dag: Wanneer die nuus ons (bly) platslaan
Jesus antwoord Simon Petrus: “Wat Ek besig is om te doen, verstaan jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit verstaan.” (Johannes 13:7)