Cody Campbell, ʼn brandbestryder in Los Angeles, VSA, het Saterdag een van sy gaste se lewens gered tydens die onthaal by sy troue.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 September 2015
Pedofiel-fotograaf gevonnis
Rudolph Coetzee (23) is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis op 45 aanklagte insluitend verkragting, seksuele aanranding, poging tot verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie.
Vier arbeiders sterf in trekkerongeluk
Vier plaasarbeiders is Woensdag dood op ʼn suikerplaas naby Umkomaas in die suide van KwaZulu-Natal.
[Video] Standbeelde vir vryheidstryders in Pretoria
Na die wydverspreide skending van standbeelde ‘n paar maande gelede spog die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria nou met meer as 50 beelde van onder meer vryheidstryders.
[Video] Wie het Anika Smit vermoor?
Meer as vyf jaar na die dood van Anika Smit, ‘n 17-jarige skoolmeisie wie se hande afgekap is, het ‘n geregtelike ondersoek na haar moord begin.
16-jarige tweeling sterf in halssnoermoorde
Drie jong mans is vandeesweek in Etwatwa, naby Benoni in Gauteng, vermoor.
Driejarige verdrink in Potchefstroom
ʼn Driejarige meisie het Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Potchefstroom verdrink.
ToekomsVenster: Nie meer ’n sondaar nie, maar ’n kind van God
Dit is een van die aangrypende Bybelse waarhede. Ek is nie meer ‘n helverdiende sondaar nie maar ‘n geredde kind, seun en dogter van die Lewende God. Halleluja.
Vermiste Middelburg-meisie gevind
Neline van Zyl, die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat sedert Donderdag vermis was, is Woensdag gevind.
Rubberkoeëls gevuur op betogende KZN-studente
Traangas en rubberkoeëls moes Woensdag gebruik word om ongeveer 600 betogende studente by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus uitmekaar te jaag.
25 vuurwapens op moordtoneel gevind
Die polisie het Woensdag beslag gelê op 25 vuurwapens op die toneel waar ten minste drie mense doodgeskiet is toe ʼn gewapende man op ʼn groep mense by ʼn taxistaanplek in Durban losgebrand het.
Video: Afkeur-knoppie binnekort op Facebook
Talle Facebook-gebruikers het al die behoefte uitgespreek om ʼn plasing waarvan hulle nie hou nie, te kan “afkeur” (“dislike”).
Regering weer op vingers geraps oor Al-Basjir
Regter Hans Fabricius het Woensdag gesê Al-Basjir het geen beskerming in Suid-Afrika geniet nie en die regering was inderdaad verplig om hom in hegtenis te neem en te oorhandig.
Is Suid-Afrika se grondwet voldoende vir sy diverse samelewing?
By die lees van die Keniaanse grondwet, wat sover min aandag geniet het in Suid-Afrika, val dit op dat die opstellers daarvan nie net heelwat oorgeneem het uit die Suid-Afrikaanse grondwet nie, maar baie verder gegaan het om aandag te gee aan die uitbreiding en verskansing van sekere regte en vryhede.
Brooklyn-polisievideo: Man wat klaer glo afjak stel sy kant
“Die verweerder het my geïntimideer en gesê sy gaan haar kêrel kry om my te slaan.”
Man hoor oor borgtog ná vrou se skietdood
George Barkhuizen (45), die man wat aangekla word van die moord op sy vrou, Odette, het Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn waar die uitspraak van sy borgtog-aansoek gelewer is.
‘DKD steur hom steeds nie aan hofuitspraak nie’
Die vakbond Solidariteit het die minister van justisie en korrektiewe dienste, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste en die direkteur-generaal van arbeid finaal vermaan om die departement van korrektiewe dienste (DKD) se regstellendeaksiepraktyke onder die loep te neem.
Vier vermoor vir R37; moordenaars sit lank
Jansen en Hendricks het in Maart 2013 ʼn huis in Mitchell’s Plain bestorm waar die vier Pakistanse mans ʼn broodverspreidingsonderneming bedryf het. Hulle het die kluis geëis en ten spyte daarvan dat dit aan hulle oorhandig is, het hulle al vier mans doodgeskiet.
Sukkel jy met onderhoud?
Jackie het deurgedruk, maar ander applikante gee moed op. Indien die respondent onderhoud weerhou om die versorgende ouer te “straf”, kry die kinders die swaarste.
Luister: Pieter-Dirk Uys laat jou demokraties lag
Pieter-Dirk Uys het met Esté Meyer Jansen gesels oor die produksie en hulle het ook gesels oor die belangrikheid van komedie en satire in Suid-Afrika se politieke landskap van vandag.