Die eenjarige seuntjie van Ellisras wat erge brandwonde opgedoen het toe sy ouerhuis in Ellisras deur vlamme verwoes is, kan sy voete beweeg en reageer wanneer iemand aan hom raak.
Alles vir Woensdag 16 September 2015
Demokratiese verskeidenheid skep hoop
Nou is nie die tyd om moed te verloor nie. Net soos dit nie die tyd was om op te gee toe die Bataafse bevind tot ʼn einde gekom het en plek gemaak het vir Engelse regering in die Kaap nie. Net soos die rebellie nie die einde van Afrikaans ingelei het nie. So is die skare wat bereid is om leiding te neem waar dit moet, die rede dat ek nie nou hoop gaan verloor vir my taal en die kultuur wat hy dra nie.
Kleuter (4) sterf in fratsongeluk
“Sy het baie vrae, maar sy weet dat haar sussie nou by Jesus dans.”
Boek: Aspoesterskoene
Daar wás ’n tyd toe sy op hoëhakskoene tussen die slaggate op haar lewenspad rondgetrippel het. En almal haar mooi bene bewonder het. Toe kom die uitnodiging na die reünie op Doringbaai en haar lewe neem ’n wending wat sy nie in haar wildste drome verwag het nie.
Maties se koor hou binnekort galakonsert
Met die jaar wat einde se kant toe staan, het is byna weer tyd vir die koor van die Universiteit van Stellenbosch se galakonserte in die Endler op Stellenbosch.
Gedig: Van die baie drenkelinge vertel die golwe
“…en die branders spring uitspattig, ligsinnig van vlieënde skuim, op na die kranse, of val halsoorkop oor die sand tot sewemaal toe…” Lees Wilma Stockenström se gedig, ‘Van die baie drenkelinge vertel die golwe’.
[Foto’s] Honde maak die beste kampmaats
Die webwerf Camping with dogs moedig mense wat van kamp hou, aan om hul honde saam te vat wanneer hulle gaan kamp.
Resep: Wit en donker sjokolademousse-koek
As die verskillende lae in die vrieskas verkoel word, is dit makliker om die koek aanmekaar te sit. Die bolaag is heerlik as versiersel vir sjokoladekoek of sous oor roomys.
Afrikaans 90: Die klank en kleur van Afrikaans
“Afrikaans is vir my ’n volkleurhoëdefinisietaal met genoeg verstellings om aan elke moedertaalspreker se geite te voldoen,” skryf Linette van der Merwe.
Ope brief aan President Jacob Zuma oor misdaad in Suid-Afrika
Ek is steeds ‘n trotse burger van Suid-Afrika en sal enigiets in my vermoë doen om ‘n verskil te maak. Ek vra net dat die eerste burger dieselfde doen. Mnr. die President, sal u vir ons opstaan?
Hof sê Woensdag oor al-Basjir
Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Woensdag sê of die regering mag appelleer teen die hof se beslissing dat hul versuim om pres. Omar al-Basjir van Soedan in hegtenis te neem, ongrondwetlik was.
Luister: Pietman en die Skot: só vertel jy ʼn storie
Pietman Geldenhuys, oftewel Peter Mitchell – die Skot, is nie net ʼn kranige storieverteller nie, maar hy kan sing ook! Maroela Media het met hom gesels oor waar sy liefde vir storievertel vandaan kom en wat volgens hom die geheim van goeie storievertel is.
Twee lyke uit Mpumalanga-rivier gehaal
Die liggame van twee mans is hierdie week uit die Wolamlambo-rivier in Embalenhle, Mpumalanga gehaal.
Ooggetuies gesoek na bakkie juffrou sleep
Ooggetuies wat gesien het hoe Suzanne Leyden, ʼn Johannesburgse onderwyseres, etlike meters ver met ʼn bakkie gesleep is, word gevra om na vore te kom.
Nuuskommentaar: Zuma trap Europa uit
Terwyl pres. Jacob Zuma, skynbaar in ʼn beeldbou-aksie vir internasionale statuur, die Weste kapittel oor onder meer Sirië, brand Suid-Afrika in die binneland. Moet die hand nie eers in eie boesem gesteek word nie?
‘Bloedbad’ toe gewapende man op groep losbrand
Volgens Botha was dit ʼn “bloedbad” toe paramedici by die toneel opdaag. Ses mense is dood en drie beseer.
Resensie: ‘Die man vir jou’ – André Venter
Nadat hy deel was van die suksesvolle groep Romanz en die aanbieder van kykNET se musiekprogram Jam geword het, het André Venter eindelik sy eerste solo-album, Die man vir jou, uitgereik.
Bankwerknemer steel glo R2 miljoen
‘n Werknemer van ‘n bank in Groblersdal is Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem.
Polisieman maak glo aangehoudene swanger
ʼn Polisiebeampte van Polokwane wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van ʼn 22-jarige vrou in aanhouding, het glo ook in 2011 ‘n ander vrou in aanhouding verkrag en swanger gemaak.
2 dood, talle beseer ná petrolbom-aanval op bus
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek twee sake van moord nadat ‘n dubbeldekkerbus Dinsdagaand in die Strand met ‘n petrolbom bestook is.