Beoordelaars moes weer vanjaar kophou toe meer as 2 000 stelle tweelinge ʼn spesiale jaarlikse byeenkoms bygewoon het.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 September 2015
Geen aanklagte vir Moslem-seun met horlosie
Die polisie in Texas het bevestig dat hulle nie ʼn 14-jarige Moslem-seun gaan aankla nadat hulle hom in hegtenis geneem het toe hy ʼn tuisgemaakte horlosie skool toe geneem het nie.
Borgtog vir Durban Day-beskuldigdes
Twee jeugdiges wat daarvan beskuldig word dat hulle Montreal King (19) tydens ʼn konsert in Durban met ʼn mes doodgesteek het, is Donderdag in die Durbanse landdroshof vrygelaat op borgtog.
Nóg ʼn kind verdrink in Potchefstroom
ʼn Sesjarige kind het ook Woensdag in Potchefstroom verdrink, op dieselfde dag wat ʼn driejarige in dié dorp in Noordwes verdrink het.
Durban-onnie beken skuld op 230 kinderporno-aanklagte
Colin Chapman, ʼn onderwyser van Durban in KwaZulu-Natal het Donderdag in die Durbanse streekshof skuld beken op 230 aanklagte wat verband hou met kinderpornografie.
Tragiese einde ná vrou vyf maande terug raaiselagtig verdwyn
Die hoofstuk van ʼn vyf maande lange soektog na ʼn vermiste vrou van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal kan uiteindelik afgesluit word. Hoewel dit nie ʼn gelukkige einde het nie, kan Lorraine Bothma (45) se familie uiteindelik berusting vind. Hulle het die afgelope week verneem sy en haar vermeende moordenaar is dood.
ToekomsVenster: Die engele van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien
Vir my is hierdie ‘n gunsteling psalm. Die getuienis van iemand wat in ‘n desperate situasie na God geroep het en nou kan vertel dat God geluister het
Bagasie word binnekort elektronies ingeboek
Hier is ʼn brokkie goeie nuus vir reisigers wat die lang rye by lughawens se inboektoonbanke wil vermy, skryf Marianne.
Bejaardes in nood weens hysbak-krisis
In ’n ander geval kon die lyk van ’n inwoner nie met die hysbak na onder gebring word nie, en is sy net in ’n kombers toegedraai en met die trappe afgedra.
Drie vas wat toelaag-betaalpunt beroof
Wapens wat tydens ʼn gewapende roof gesteel is, is teruggekry toe drie verdagtes Donderdag deur die Valke in Bosbokrand in Mpumalanga in hegtenis geneem is.
[Foto’s] Soutpanfoto’s skep ongelooflike optiese illusies
Hideki Mizuta (29) van Japan het asemrowende foto’s geneem by die Salar de Uyuni-soutpan in Bolivia.
[Video] Kommer oor Afrikaans as onderrigtaal
Kenners meen ingrypende stappe sal gedoen moet word om Afrikaans as onderrigtaal in skole te behou.
‘Nuwe ANC-erfenismonumente gee eensydige weergawe van geskiedenis’
“Dit is goed dat alle gemeenskappe die geleentheid gegun word om hul ‘storie’ te skryf, maar nie ten koste van ander gemeenskappe en hul ‘stories’ nie.”
‘Poppe’ lei tot vermiste meisies se liggame
Die liggame van twee vermiste meisies, onderskeidelik vier en vyf jaar oud, is Woensdag in die huis van ʼn verstandelik gestremde jong man in die Vrystaat opgespoor.
[Video] Polisieman deel kos met hawelose
‘n Polisieman het oornag ‘n Internetsensasie geword nadat ‘n foto van hom wat sy middagete met ‘n hawelose vrou deel groot reaksie op sosiale media uitgelok het.
Oscar het nie geld vir nóg ʼn verhoor, sê regspan in hofstukke
Oscar Pistorius se regspan het gesê die moontlikheid dat hy die finansiële vermoë het om vir ʼn nuwe verhoor te betaal “bestaan nie”.
Nagligte stel eerste enkelsnit bekend
Nagligte se boodskap is: “Ons wil wegbreek uit hierdie doellose bestaan wat op die oomblik so baie van ons tyd in beslag neem. Ons wil vir almal sê: Dit maak nie saak wie jy is nie en wat jou omstandighede is nie. Daar is altyd hoop in die donker. Word wakker, word groot, staan op.”
KZN-universiteit tot einde September gesluit
Die ANC-Jeugliga het in ʼn verklaring beweer die universiteit het die Registrasie Appèlkomitee-proses opgeskort wat studente wat agterstallig is met studiegeld toelaat om voort te gaan met hul studie, terwyl hulle hul skuld in paaiemente afbetaal.
Twee SA’ners uit koma ná gru-ongeluk in VSA
Twee Suid-Afrikaners wat albei in ʼn koma was nadat hulle byna drie weke gelede in ʼn ernstige motorongeluk in Kansas in die VSA was, is albei wakker en toon reaksie wanneer daar met hulle gepraat word.
Gevangene ontsnap uit aanhouding in Ladysmith
Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn verdagte, wat teregstaan op aanklag van sakeroof, Dinsdag uit aanhouding by die Ladysmith-gevangenis ontsnap het