Die misbruik van onderwys as politieke speelbal het net vererger sedert 1976, toe Afrikaans as aangeleentheid in swart skole misbruik is om die massa op te stook, skole en baie ander geboue af te brand en oor die algemeen verwoesting in goed en gemoed van die land te saai.
Alles vir Donderdag 17 September 2015
[Video] Valencia Farmer se aanvallers ná 16 jaar almal vasgetrek
Bykans 16 jaar nadat lt.kol. Eddie Clark, ʼn ondersoekbeampte, vir Valencia Farmer op haar sterfbed in Kaapstad beloof het dat hy elkeen van haar aanvallers sal soek en laat toesluit, is die laaste vermeende betrokkene nou agter tralies.
Luister: Liefde Wen-organisasie steun jong rugbyspelers
Met die Wêreldbekerrugby-toernooi om die draai kry almal nou rugbykoors. Dit geld ewe veel vir die liefdadigheidsorganisasie Liefde Wen.
Fout in iOS 9 frustreer gebruikers
Apple stel vandag ʼn nuwe weergawe van hul bedryfstelsel, genaamd iOS 9, aan die publiek beskikbaar. Dit bevat egter ʼn fout wat talle apps regoor die wêreld breek – insluitend Maroela Media se nuus-app.
‘Kinderslagter-pa’ in hof
Lesiba Simon Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy al vier sy seuns se kele afgesny het, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn.
Afrikaans 90: Afrikaans kook!
” Dit gaan oor veel meer as net sentiment of die feit dat Afrikaans ons hartstaal is en mens so lekker in Afrikaans kan vry, kuier en vloek…” skryf Carla van der Spuy.
Ellisras-brand: ‘Jayden het vlug goed hanteer’
Klein Jayden da Costa, die eenjarige seuntjie van Ellisras wat erge brandwonde opgedoen het toe sy ouerhuis in Ellisras in ’n brand verwoes is, het Woensdagaand per helikopter by ʼn Pretoriase hospitaal aangekom.
Taalgebruik: fisiek, fisies
Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die gebruik en betekenisverskil tussen die woorde “fisiek” en “fisies”.
Man wat ma vermoor, sê hy ‘is seun van God’
Nadat landdros Simon Radasi sy uitspraak gelewer het, het Sihlali regop gespring in die beskuldigdebank en geskree: “Ek is die seun van God! Ek is die prins van vrede! Ek is die aarde se regmatige heerser.”
17-jarige vas ná Middelburg-meisie se verdwyning
ʼn 17-jarige seun is steeds in aanhouding nadat hy Woensdagmiddag in hegtenis geneem is in verband met die verdwyning van Neline van Zyl (13), die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat sedert verlede Donderdag vermis was.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 17 September tot 24 September
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Verpleegskool in ligte laaie tydens Limpopo-betoging
ʼn Verpleegskool by die St. Ritas-hospitaal in Glen Cowie in Limpopo is Woensdag aan die brand gesteek nadat gewelddadige betogings in die gebied uitgebreek het.
Resep: Jane se vetkoek
Mev. Rika Ferreira van Oudtshoorn het dié resep ingestuur. Sit dit voor met botter en gouestroop.
Het jy gehoor?
Vir ’n kind is gehoor en spraak noodsaaklike elemente vir leer, speel en die ontwikkeling van sosiale vaardighede. ’n Kind met gehoorverlies wat nie gediagnoseer is en behandel word nie, kan tot ’n groot mate onbewus wees van wat om hom aangaan.
Geraasklag in Pta-spogbuurt lei tot daggavonds
’n Voortdurende geraas by ʼn kommune in Brooklyn in die ooste van Pretoria het Woensdag tot die vonds van ʼn klein daggaplantasie gelei.
Nuuskommentaar: Zuma se kop in die IS-byenes
Die Siriese kwessie en die vloedgolf vlugtelinge wat Wes-Europa nou tref, is veels te kompleks vir die Suid-Afrikaanse regering om menings oor skuld te kan lug. Die regering se beheptheid met die muishond-leiers van die wêreld help ook nie om aan Suid-Afrika die morele hoë grond te verskaf om ander te oordeel nie.
Vrou kritiek ná masjien haar ‘insluk’
“Sy het ernstige beserings aan haar arm, nek en kop opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”
Tsoenami-waarskuwing vir Stille Oseaan
ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn aardbewing van 8,3 op die momentmagnitudeskaal naby Chili voorgekom het.
Chaos by Klerksdorp-huis ná swerm bye toeslaan
Minstens twee mense, onder wie ʼn paramedikus, is Woensdag na hospitale in Klerksdorp in Noordwes geneem nadat ʼn swerm bye hulle by ʼn huis in die dorp aangeval het.
Man sit lank vir verkragting van meisie (7)
ʼn 47-jarige man van KwaZulu-Natal is Woensdag gevonnis vir die verkragting van ʼn sewejarige meisie.