Daar is niks lekkerder as vla saam met ’n warm óf koue poeding nie!
Alles vir Vrydag 18 September 2015
Nuuskommentaar: Moor en brande om ons sin te kry
Iets is drasties verkeerd as menselewens geneem en eiendom verwoes word net omdat ons nie ons sin kry nie. Hoeveel blaam moet die regering dra, en in watter mate is dit weens ’n lou reaksie van Christene om die verrotting te keer?
Oscar hoor vandag oor vrylating
Die paroolhersieningsraad sal Vrydag vergader om te besluit of die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig sal uitdien.
Polisiebeampte vas wat ‘borgtoggeld’ eis
ʼn Polisiesersant het Donderdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie nadat hy “borgtoggeld” by twee onskuldige mans geëis het.
Luister: ʼn Partners for Possibility-vennootskap lei tot sukses vir skool
Gerhard van Greunen is ʼn geoktrooieerde rekenmeester van Pretoria en Margaret Chauke is die skoolhoof van Sediba-sa-Thuta, ʼn laerskool in Mamelodi. Die twee se paadjies sou normaalweg nie juis gekruis het nie, maar hulle is deel van ʼn Partners for Possibility-vennootskap waar sakelui skoolhoofde van skole met hulpbron-tekorte help in ʼn mentorskapprogram.
Bordele in Pietermaritzburg gesluit
Agt beweerde bordele is reeds in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gesluit sedert ʼn provinsiale taakspan aangestel is om dié kwessie aan te roer.
Luister: Pierre Rossouw gesels oor ‘lekker’ musiek en goeie humor
Pierre Rossouw het by Maroela Media ʼn draai kom maak en ’n bietjie oor humor, verandering en sy jongste treffer, “So het ek jou ma ontmoet”, met Esté Meyer Jansen gesels.
Outa maan publiek om e-tolkommentaar te lewer
Outa het ‘n spesiale bladsy op sy webwerf geskep wat dit vir die publiek baie maklik maak om te reageer op voorgestelde e-tolwysigings.
Skolier in hof oor Rustenburg-moord
ʼn 18-jarige skoolseun het Donderdag in ʼn hof naby Rustenburg in Noordwes verskyn op aanklag van die moord van ʼn medeskolier.
Oom Sopie en die kôktyl
Dit was maar ’n half aardige bedruktheid wat daardie Saterdagmiddag daar tussen ons kom nesskop het. Ons het gevoel ons oë het ons dalk bedrieg, maar ons het tog self gesién wat ons gesien het, en ons móés glo.
[Video] Meer moet gedoen word om aasvoëls te beskerm
Aasvoëls is onder die mees bedreigde spesies ter wêreld, maar dit lyk asof die politieke wil in Suid-Afrika ontbreek om iets aan dié kwessie te doen.
Gedagte vir die dag: God is ’n verhoudingsgod
Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3)