ʼn Vrou van Indiana in die VSA het Vrydag uit ʼn bewegende motor gespring toe ʼn spinnekop oor haar skouer gekruip het.
Lees meerAlles vir Maandag 21 September 2015
Bylmoordenaar was mal, hoor hof
Phindile Joseph Ntshongwana, voormalige Blou Bul-speler en veroordeelde bylmoordenaar, se vreemde optrede terwyl hy ʼn vrou drie dae lank aangehou en herhaaldelik verkrag het, is ʼn bewys hy was mal, het die hof Maandag gehoor.
Grabouw-verkragtingslagoffer wil nie praat nie, sê haar ma
ʼn 14-jarige meisie wat in Julie in Grabouw in die Wes-Kaap wreed aangerand en verkrag is, se ma sê sy sukkel om met haar te praat.
Geslagsdele in vrieskas: Bfn-man bly in aanhouding
Die man wat verlede week by sy huis in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind is, bly in aanhouding.
Vermiste man se oorskot dalk gevind
ʼn Menslike skedel en beendere is in die Magaliesbergreeks in die Hartbeespoortdam-gebied naby Brits in Noordwes gevind.
[Video] Anika se ma hoop om antwoorde te kry
Die man wat glo die vermoorde Anika Smit op skool geteister het, se identiteit mag nou bekend gemaak word.
Solidariteit maak stem dik teen ArcelorMittal se rasgebaseerde aandeleskema
Die vakbond Solidariteit sal namens sy lede beswaar maak teen ArcelorMittal se Ikageng- aandeleskema vir werkers wat Vrydag deur die maatskappy se aandeelhouers goedgekeur is.
ToekomsVenster: God is goed, altyd goed
God is goed, altyd goed, sing ʼn liedjie. Borrel vandag oor van sy liefdevolle omgee in jou lewe. Gee Hom die erkenning en dankbaarheid wat pas by sy grootheid en almag.
Nuwe vrystellings: 21 September 2015
Carla Oberholzer, Die Ventertjies en Juanita du Plessis het nuwe musiek.
Sport en Saterdag se rugby
Ons Suid-Afrikaners is trots op ons sportmense.
Spokerige vonds in Pta-voorstad gemaak
Die grafsteen van ʼn 58-jarige man wat verlede jaar dood is, is op ʼn vreemde plek in die middel van ʼn woonbuurt in die noorde van Pretoria gevind.
Bejaardes in KZN aangeval
ʼn Bejaarde egpaar is oor die naweek in hul huis op ʼn landgoed in KwaZulu-Natal oorval en beroof.
Geskorste Valke-hoof ontken bedrogbewerings
Genl.maj. Johan Booysen, geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, sal tot Oktober moet wag voordat ʼn datum in die hooggeregshof in Durban vasgestel kan word vir sy hofaansoek teen sy skorsing.
Skolier vas ná mesaanval op medeleerling
ʼn Gr. 10-leerling van ʼn Vrystaatse hoërskool is in hegtenis geneem nadat hy ʼn medeskolier glo agt keer met ʼn mes gesteek het.
Geskiedenis gemaak toe Zimbabwiese eiendom onder hamer kom
Internasionale regsgeskiedenis is Maandag in Kaapstad gemaak toe die eerste eksekusieveiling van ’n Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika plaasgevind het, as ’n regstreekse gevolg van pres. Robert Mugabe se menseregtevergrype in die land.
Drie op Vredefort-plaas vermoor: ‘Sy vertroue het hom sy lewe gekos’
Hansie Raath (54), die man wat oor die naweek saam met twee kinders op sy familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat met sy eie vuurwapen doodgeskiet is, het sy vermeende moordenaar geken.
Maroela Media Top 20: 21 September 2015
Cordelia behou haar nr. 1-posisie vir die derde week, terwyl Neil Somers die tweede plek inneem.
Polisieman wat glo vrou, dogter doodskiet, vra vir borgtog
“Toe hy die aand teruggekeer het, het hy sy vrou gevra om vir hom kos te maak. Terwyl die vrou besig was om kos te kook, het hy na bewering ʼn vuurwapen in ʼn ander kamer gaan haal, teruggestap en sy vrou en dogter doodgeskiet.”
Egpaar wreed aangerand, gebrand op Mpumalanga-plaas
Die gewapende aanvallers het die egpaar vasgemaak en erg aangerand. Hulle het daarna ook die vrou met ʼn strykyster op haar liggaam en in haar gesig gebrand.
Luister: Neil Somers is terug met ʼn nuwe album
Neil Somers se nuwe album, Hierdie hande, is onlangs bekendgestel en volg ses jaar ná sy eerste CD. Maroela Media het met hom gesels oor sy liefde vir musiek wat die album geïnspireer het, en wat hy sou gedoen het indien hy nie gesing het nie.