Die webwerf Mashable het amptelik aangekondig: meer mense het vanjaar weens selfies gesterf as in haai-aanvalle.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 September 2015
Kommissie sal Phiyega se optrede ondersoek
President Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig ʼn raad van ondersoek is aangestel om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se geskiktheid om in haar pos te dien, te ondersoek.
TUT-studente betoog oor ‘ou kos’, misdaad op kampus
Die polisie is Dinsdag na die Tshwane Universiteit van Tegnologie se kampus in Pretoria-Wes ontbied toe betogende studente bande aan die brand gesteek en infrastruktuur beskadig het.
Korrupsiekrisis in SA groter as Nkandla
Nege korrupsieskandale het die belastingbetaler die afgelope paar jaar veel meer gekos as die R246 miljoen wat aan die president se Nkandla-woning bestee is.
Landelike veiligheid van strategiese belang
Agri SA het gesê die land benodig doeltreffende misdaadintelligensie wat kan lei tot voorkomende optrede in die bekamping van plaasaanvalle.
ToekomsVenster: Soek na God se rus
Is jy moeg en oorlaai, uitgeput en gestres? Kom eenkant. Soek na God se rus. Beleef die rustigheid van sy teenwoordigheid sodat jy met nuwe energie na jou konteks kan terug gaan.
Afrikaans 90: Die ANC, die staat en die Afrikaners (‘Kolonialiste van ʼn besondere soort’)
Afrikaners behoort hulle in toekomstige gesprekke met die ANC nooit weer deur sy antikoloniale retoriek te laat flous nie, skryf Danie Goosen.
Grafsteen-raaisel spoedig opgelos
Die raaisel van die grafsteen van ʼn 58-jarige man wat verlede jaar dood is, wat op ʼn vreemde plek in ʼn woonbuurt in die noorde van Pretoria gevind is, is vinnig opgelos.
Robot op aarde vanuit die ruimte “bestuur”
Van 400 km bo die aarde in die Internasionale Ruimtestasie is ’n Deense ruimtevaarder, Andreas Mogensen, besig om ’n robottuig in Noordwijk, Nederland te beheer.
Te veel swart mense op OVK-kortlys, sê Zuma
President Jacob Zuma het Dinsdag gesê die kortlys vir kandidate om ʼn vakante pos by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te vul, het te min vroue en wittes op.
Uitdrukking: Alle grappies op ʼn stokkie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “Alle grappies op ‘n stokkie”
Datum vas vir Oscar-appèlsaak
Die staat se appèl teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag gaan op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.
Twee ‘renosterstropers’ in hof
Twee vermeende renosterstropers het Dinsdag, op Internasionale Renosterdag, in die hof verskyn nadat hulle Sondag in Limpopo in hegtenis geneem is.
[Foto’s] Heilbron loop wéér onder brandstigters deur
Nege voertuie is Maandagaand op verskeie plekke op Heilbron in die Vrystaat aan die brand gesteek.
‘Ons land se smake en geure word geplunder’
Die smaak in koeldrank en die reuk in parfuum is internasionaal miljarde werd in ’n bedryf waar daar voortdurend gesoek word na nuwe geure en nuwe smake. Internasionale farmaseutiese firmas en ander korporatiewe konglomerate is hard besig om die inheemse skatte, in die vorm van plante, op ’n baie subtiele manier te stroop en uit die land te smokkel vir daardie enorme behoefte op die internasionale markte, berig De Wet Potgieter.
[Video] Samoaanse rugbyspan sing vir Joost
Die Samoaanse rugbyspan het die afgelope naweek vir Joost van der Westhuizen in Engeland ontmoet. Tydens dié ontmoeting het die span vir hom ʼn pragtige Samoaanse lied gesing.
Opwindende revuekompetisie vir Suid-Afrika
Lefra Produksies het pas ’n opwindende nasionale revuekompetisie, REVUE SA 2015, bekend gestel. Hierdie revuekompetisie vir laer- en hoërskole sal van 12 tot 18 Oktober by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.
Man in hof ná moorde op Vredefort-plaas
Die man wat verdink word van die moord op Hansie Raath (54) en twee kinders Saterdagaand op Raath se familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat, het in die hof verskyn.
AfriForum: ‘44 plaasmoorde vanjaar’
“Berekeninge van onafhanklike navorsingsinstansies dui daarop dat die kans dat ʼn boer vermoor word twee keer groter is as die kans van ʼn polisiebeampte. Hierdie moorde gaan ook dikwels gepaard met buitensporige vlakke van brutaliteit.”
Resep: Groentesosaties
Hierdie sosaties is veronderstel om vir vegetariërs te wees, maar al die karnivore smul ewe lekker daaraan. Maak sommer baie, want dit wat oorbly, kan môre in ʼn slaai of koeskoes gebruik word!