Alles vir Dinsdag 22 September 2015

‘Ons land se smake en geure word geplunder’

Die smaak in koeldrank en die reuk in parfuum is internasionaal miljarde werd in ’n bedryf waar daar voortdurend gesoek word na nuwe geure en nuwe smake. Internasionale farmaseutiese firmas en ander korporatiewe konglomerate is hard besig om die inheemse skatte, in die vorm van plante, op ’n baie subtiele manier te stroop en uit die land te smokkel vir daardie enorme behoefte op die internasionale markte, berig De Wet Potgieter.