“Sy het alle drome wat ons saam gehad het, tot ʼn einde gebring en pyn veroorsaak wat ek nie geweet het bestaan nie.”
Lees meerAlles vir Woensdag 23 September 2015
‘NWU mag nie oud-Pukke se stem stilmaak nie’
Dit volg nadat die Noordwes-Universiteit (NWU) oudstudente weens die gebruik van die naam verkla het.
Deen wat glo vroue skend ook in Lesotho vas
Die Deen wat glo vroue geskend en hul geslagsdele in die vrieskas by sy huis in Bloemfontein gehou het, is vroeër vanjaar in Lesotho in hegtenis geneem.
VW-hoof bedank te midde van skandaal oor uitlaatgasse
Martin Winterkorn, hoof van Volkswagen, het sy bedanking aangekondig te midde van bewerings dat Volkswagen gekul het met gasuitlatingstoetse.
Drie ‘polisiemoordenaars’ vas
Die polisie in KwaZulu-Natal het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met Dinsdag se voorval waar een polisiebeampte dood en ʼn tweede beseer is nadat hulle oorval, ontvoer en geskiet is.
Hlaudi kry verhoging van amper R1 miljoen ondanks reuseverlies
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, se salaris het die afgelope jaar met nagenoeg ʼn miljoen rand gestyg.
ToekomsVenster: Maak plek vir buitestaanders
Is daar binne jou verwysingsraamwerk plek en ruimte vir buitestaanders, ook vir mense wat nie van jou groep is nie. Is jul gemeente ʼn vriendelike plek, waar veiligheid en warmte uitgestraal word?
Bemande reise na Mars nog op koers – Nasa
Destyds is gemeen die eerste bemande reis na Mars sou teen 2010 ’n werklikheid word, maar hierdie verwagtinge het geblyk heeltemal onrealisties te wees
Baanbreker-jeugboek vereer
Die bekroonde skrywer Fanie Viljoen se jeugroman Uit is deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys.
TV-ster dagvaar ná bewerings oor Pta-botsing
Twee mense wat glo beweer het Nape Phasha, die student wat aan die werklikheidstelevisiereeks Rich Kids deelgeneem het, was betrokke by ʼn botsing waarin ʼn motorfietsryer gesterf het, word nou vir laster gedagvaar.
Steve Hofmeyr: ‘baken van omgee’, ‘kampvegter’ of ‘politikus’?
Die sanger Steve Hofmeyr voel gevlei om as ‘n “baken van omgee” beskryf te word maar meen hy sal nie onmiddellik die politiek wil betree waar hy “ʼn agterbankuitsig op Julius Malema se sotlike sirkus in die parlement” sal hê nie.
Ma van twee sê: ‘geniet die lewe!’
Is ek gekwalifiseer om jou te help om jou keuses te maak? Gladnie, want ons paadjies lyk elkeen anders. Jy klink vir my na ‘n georganiseerde beplanner wat selfs die dromer in jou tem om jou doelwitte te bereik.
Oud-landdros neem strydbyl op vir mishandelde baba
Die verhaal van ʼn dogtertjie van 18 maande wat glo seksueel mishandel is en deur die “stelsel gefaal is”, het ʼn oud-landdros van Johannesburg genoop om die strydbyl op te neem om vir haar en ander kinders se regte te veg.
Vrou wéér beroof: ‘Daar is net te veel haat in hierdie land’
“Ek het geweet as ek hardloop, sal hy my in die rug skiet. Wat kan jy doen? Jy staan net daar en jy bid dat jy hierdie rooftog ook oorleef.”
TV-man breek stilte oor botsing wat motorfietsryer eis
Die student wat aan die werklikheidstelevisiereeks Rich Kids deelgeneem het en daarvan beskuldig is dat hy betrokke was by ʼn botsing waarin ʼn motorfietsryer gesterf het, het sy stilte oor die voorval gebreek.
Jhb-kleuter al maande in koma weens breinvliesontsteking
“Daar kom tye wanneer sy vir ʼn kort rukkie self asemhaal, maar dan val sy weer terug en moet weer sy ten volle deur die ventilator ondersteun word.”
Braaiboy wil nuwe rekord opstel en deel resep
Gareth Daniell, beter bekend as Braaiboy, het op 17 April 2009 begin braai en het vir die afgelope ses en half jaar nog nie een dag se braai gemis nie.
Jugomaro-katte weer in visier
Rosa Fernandes, een van die eienaars van Jugomaro Predator Park in Limpopo, is Woensdagoggend glo met pepersproei in die gesig gespuit toe daar weer ʼn groep mense by hul park opgedaag het om van hul geliefde eksotiese katte te verwyder.
Man dood toe trok deur ongelukstoneel ploeg
ʼn Man is dood en nog een ernstig beseer tydens ʼn grusame trompop-botsing Woensdagoggend in Vanderbijlpark.
Kinders met spel- en leesprobleme
“Help! My kind sukkel met spel, skryf en lees!” Dis ’n noodkreet waarmee opvoedkundige sielkundiges daagliks te doen kry.