Christien Neser se reeks boeke oor die avonture van Elle Kroon het reeds diep in tienermeisies, en ʼn paar volwasse lesers, se harte gekruip. Christien het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die sewende boek in die reeks, Middernagklub.
Alles vir Woensdag 23 September 2015
Reklamebedryf ding weer mee om ʼn Pendoring
Altesaam 84 finaliste ding mee in die Pendoring-reklamekompetisie wat vanjaar vir die 20ste keer aangebied word. Die Pendoring-bekroningsaand word op 30 Oktober by Vodacom World in Midrand aangebied.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 23 tot 30 September
Vind uit wat hierdie week op die kultuurfront in jou kontrei gebeur.
Gedig: Grense
“My naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan…” Lees NP van Wyk Louw se gedig, “Grense”
Boendoegeweld ná moord op swanger matrikulant
Twee jong mans wat van die ontvoering van en moord op ʼn swanger matrikulant van Mpumalanga verdink is, is Dinsdag deur ʼn groep mense wat die reg in eie hande geneem het, vermoor.
Nuuskommentaar: Friesiese lesse vir die Afrikaanssprekende voor Erfenisdag
Afrikaanssprekendes kan op die vooraand van Erfenisdag baie lesse neem uit die jongste projek van die Friese om hul taal se toekoms te bestendig.
[Video] Ideaal vir braaidag
As jy môre gaan braai moet jy beslis na Suzelle DIY se jongste video kyk. Sy het spesiaal ʼn video gemaak met die oog op Erfenisdag en wys jou ʼn kreatiewe manier om boerewors voor te sit.
Verrassende skuif in Zuma se kabinet
Pres. Jacob Zuma het laat Dinsdagaand ʼn verrassende skuif in sy kabinet aangekondig.
Luister: Brendan Peyper gesels oor musiek, sukses en deel ʼn paar van sy gunstelinge
Brendan Peyper het ook ‘n paar vinnige vrae van Esté Meyer Jansen beantwoord wat bietjie meer vertel van die man agter die musiek.
Is jy skuldig aan kindermishandeling van ’n ander aard?
Ons probeer om ons kinders te beskerm teen rowers, molesteerders, ontvoerders, verkragters, uitbuiters, pedofiele en ander booswigte. Waarom nie teen geweldige trauma en selfs dood in ’n motorongeluk – wat algemeen in Suid-Afrika voorkom – nie?
Naskokke van VSA se onveranderde rentekoers
Dit is baie duidelik dat die wêreld nie ekonomies gesond is nie, maar is dit so erg dat dit die Amerikaners se besluite sal beïnvloed, ten spyte van al die tekens binne die VSA wat aandui dat hul ekonomie mooi herstel het?
Dieretuin-tier verskeur ma van twee
Hamilton-dieretuin in Nieu-Seeland het besluit om nie die Sumatraanse tier van kant te maak wat ʼn dieretuinbewaarder aangeval en verskeur het nie.
Polisiebeamptes in lokval gelei
Een polisiebeampte is Dinsdag in Inanda, KwaZulu-Natal dood en ʼn tweede beseer nadat hulle oorval, hul klere uitgetrek, ontvoer en geskiet is.
Bondeltjie vreugde vir Nicholis Louw
Die sanger Nicholis Louw het Dinsdagaand op sosiale media groot nuus met sy aanhangers gedeel.
Ope brief aan minister van toerisme oor reisregulasies
Ek wil graag my stem voeg by duisende Suid-Afrikaners wat al gely het onder die absurde “Child Trafficking Victims Protection Act”. My gesin het die afgelope Sondag ’n nagmerrie-ondervinding op die Heathrow-lughawe deurgemaak.
Gedagte vir die dag: Hoekom het Jesus aarde toe gekom?
Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense. (Markus 10:45)