ʼn Verpleegster in ʼn neonatale waakeenheid het ʼn ongelooflike verrassing gekry toe sy herenig is met die babas wie se lewens sy help red het.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 September 2015
Man vas oor gesteelde Vodacom-batterye
ʼn 29-jarige man is Vrydag in Olievenhoutbosch, Centurion in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 12 batterye uit ʼn Vodacom-toring.
Man op weermagbasis vermoor
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man vroeg Vrydagoggend by die Thaba Tshwane-weermagbasis in Pretoria met ʼn mes gesteek is.
Optog teen korrupsie sal glo Pretoria, Kaapstad beset
Zwelinzima Vavi, voormalige sekretaris-generaal van Cosatu, het Vrydag werknemers by Nissan se aanleg in Pretoria-Noord aangemoedig om volgende week aan ʼn optog teen korrupsie deel te neem.
Eskom-hoofde permanent aangestel
Die kabinet het die permanente aanstellings van verskeie hoës by Eskom aanvaar.
AfriForum: 10 dae van selfstandigheid
Die burgerregteorganisasie AfriForum begin met ‘n projek, 10 Dae van Selfstandigheid, wat ten doel het om aan gemeenskappe te wys dat hulle nie afhanklik is van die staat om hul diensleweringsprobleme op te los nie.
ToekomsVenster: Getuie van God se goedheid
Jesus se opstanding waarborg en begrond ons opstanding, vandag, môre en eendag met Sy wederkoms. Jy moet vertel, mense het die hoop wat jy deur jou getuienis kan bring só nodig.
Panayiotou-moordsaak dalk op pad na hooggeregshof
Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou sal volgende week weet of hy in die hooggeregshof in Port Elizabeth verhoor sal word.
Vakansiegangers in beboste gebied opgespoor ná kaping
Ses mense van Mpumalanga wat op pad was na Mosambiek met vakansie is Donderdag in ʼn afgeleë, beboste gebied in die noorde van KwaZulu-Natal gevind nadat hul twee voertuie gekaap is.
Man vas ná bomdreigemente aan banke
ʼn Man wat in Augustus talle bomdreigemente aan twee van die land se grootste bankgroepe gemaak het, is vandeesweek deur die Valke vasgetrek.
‘Rower’ ontsnap kort na Jhb-polisie hom vastrek
Drie vermeende rowers het Donderdag uit die Mondeor-polisiestasie in Johannesburg ontsnap kort nadat hulle in hegtenis geneem is.
Hawelose red Limpopo-man uit see
ʼn Hawelose man het Vrydagoggend die lewe van ʼn 38-jarige man van Limpopo gered nadat hy byna in die see by Seepunt in Kaapstad verdrink het.
[Foto’s] Elfde bruid trou met dié rok
Vir Abigail Kingston (30) van Pennsilvanië in Amerika was daar net een trourok: die een wat haar ma en nege ander familielede reeds gedra het.
Paramedikus sterf op pad na noodgeval
ʼn Paramedikus van KwaZulu-Natal wat op pad was na ʼn noodgeval, is Vrydagoggend dood toe die ambulans reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.
Nóg korrupsieklagtes teen hoofverkeersbeampte
Die hoofverkeersbeampte van Wolmaransstad in Noordwes, wat in hegtenis geneem is vir korrupsie, verskyn na verwagting Vrydag in die Balfour-landdroshof in Mpumalanga op nóg ʼn aanklag van bedrog.
Jong man dood ná onderonsie by Pta-nagklub
Shane Boruchowitz (23) is glo dood nadat hy probeer het om ʼn bakleiery wat tussen sy vriende en ander klubgangers ontstaan het, stop te sit.
Drie ‘polisiemoordenaars’ in hof
Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met Dinsdag se voorval waarin een polisiebeampte dood en ʼn tweede beseer is nadat hulle oorval, ontvoer en geskiet is, verskyn Vrydag in twee howe in KwaZulu-Natal.
Boek: Jou voetpad na vrede
Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees.
Resep: Donkersjokolade -en-lemoen mousse
Dit is ryk en lekker. Daar is min dinge wat ‘n goeie maaltyd afrond soos ‘n donker sjokolade mousse. Lewer 4 porsies.
Nuuskommentaar: Kremlin-Afrikaners
Die onlangse bekendmaking van ʼn Russiese propaganda-agentskap het bevestig dat Rusland van “troltaktiek” gebruik maak – en tog is daar talle Afrikaanssprekendes wat reeds deur hierdie propaganda ingesluk is.