Vyf outomasjiene is in hokke by die dieretuin in Berlyn geïnstalleer vir hongerige apies wat op soek is na iets te ete.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 September 2015
Zuma blameer Europa vir vlugtelingkrisis
President Jacob Zuma het sy bewering herhaal dat ʼn Navo-geleide bomontploffing in Libië in 2011, gelei het tot die huidige vlugtelingkrisis in Europa.
Drie in hof oor polisieman se dood
Drie mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle twee polisiebeamptes ontvoer en hulle geskiet het toe hulle ʼn beskermingsbevel wou uitvoer, het Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn.
Tony Yengeni binnekort weer in hof oor dronkbestuur
Die ANC-veteraan Tony Yengeni moet in November weer in die hof verskyn nadat sy poging om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan, misluk het.
Bekende omroeper Evert Snyman oorlede
Die bekende Afrikaanse omroeper, skrywer en akteur Evert Snyman is Vrydag in die ouderdom van 60 oorlede.
[Video] Lekkerste wetenskap-eksperimente met vloeistof
Die oulike wetenskapeksperimente in dié video is jou antwoord op jou kind se stelling: “Ma, ek’s verveeld!”
‘Dis ek, Anna’: Ouderdomsperk aangepas
Times Media Films was suksesvol in sy appèl teen die Rolprent- en Publikasieraad (RPR) se klassifikasie van die Afrikaanse fliek, ‘Dis ek, Anna’.
[Foto’s] Limpopo-pad beskadig tydens betoging
Inwoners van Magatle in Limpopo het Vrydag tydens ʼn betoging oor dienslewering paaie met klippe versper en ʼn sloot oor die R360 gegrawe.
Boek: Stofpad
Antoinette Swiegelaar gee haar liefdeskind, Jean-Claude, vir aanneming aan haar pa vir haar ’n ultimatum gee.
Taalmonument vier 40 jaar met gratis fees
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier volgende Saterdag op 10 Oktober sy 40ste verjaarsdag en almal word genooi om saam te kom partytjie hou. Die tema is 40 jaar oud, 40 jaar jonk.
Vyf gevonnis ná kaping by bestuurskool
Vier jong mans is Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof gevonnis in verband met ʼn kaping by ʼn toetsterrein van ʼn bestuurskool in Inanda, KwaZulu-Natal.
Groot afwagting vir Trevor Noah se debuut
Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah maak Maandagaand, 28 September, sy debuut op Comedy Central se The Daily Show, wat op verskeie netwerke in Amerika uitgesaai sal word.
14-jarige verdrink in Durban
ʼn 14-jarige tienerseun het Vrydagmiddag by Snake Park-strand in Durban, KwaZulu-Natal verdrink nadat hy en twee van sy maats in die moeilikheid beland het.
[Foto’s] Vliegtuig doen noodlanding op snelweg
ʼn Pa en sy seun het Vrydagmiddag op die N14 naby Lanseria, noordwes van Johannesburg ʼn noodlanding met hul ligte vliegtuig gedoen.
Kragnetwerk is steeds stabiel
Eskom het gesê dit is onwaarskynlik dat hy Saterdag beurtkrag sal toepas, aangesien die kragnetwerk stabiel is.
Gedagte vir die dag: ’n Gesindheid van nederigheid
Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie. (Romeine 12:16)