Jonathan van der Berg (18) se ma kon hom Dinsdagoggend vir die eerste keer weer vashou nadat hy sedert 19 September vermis was.
Alles vir Dinsdag 29 September 2015
Boek: Suzelle DIY – Die boek
Die boek gee ’n humoristiese kykie op doen-ditself waar dinge meestal reg, maar ook verkeerd kan loop.
Malema: ‘SA het ʼn revolusie op hande’
Suid-Afrika is ʼn mislukte staat wat afstuur op ʼn linkse revolusie, het Julius Malema Dinsdag gesê.
Misdaadstatistieke: Moordkoers styg wéér
Die getal moorde in Suid-Afrika het van April 2014 tot Maart 2015 met 782 toegeneem in vergelyking met dieselfde vorige tydperk, het Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, Dinsdag aangekondig.
ANC buig voor altaar van koloniale onderdrukkerstaal
Afrikaners en bruin Afrikaanssprekendes kan met reg veronreg voel oor die ANC-regering se hantering van hul taal. En, al word lippediens aan die regte van die swart tale betoon, moet al die inheemse tale – waaronder Afrikaans – aan die agterspeen suig terwyl (slegte) Engels in die praktyk tot enigste amptelike taal verhef word.
‘Hallusinasie’ om te dink polisie kan alleen misdaad oplos
Die oortuiging dat die polisie eiehandig die moordkoers in die land kan “oplos”, is “in wese ʼn hallusinasie”, het die minister van polisie Dinsdag tydens die bekendstelling van die jongste misdaadstatistieke gesê.
Hitachi beboet oor ‘onbehoorlike betalings’ aan ANC
Die VSA se beleggingswaghond, die Securities and Exchange Commission (SEC), het die Tokio-konglomeraat Hitachi aangekla oor “onbehoorlike betalings” aan die ANC.
Man beland self in hospitaal toe hy ‘beseerde voetganger’ wou help
“Hy sal nooit weer stilhou om iemand te help nie. Hy het net gesê, ʼn mens kan deesdae nie meer iemand probeer help nie. Jy weet nooit of jy hulle kan vertrou nie.”
Reeksverkragter en moordenaar vir lank agter tralies
ʼn 42-jarige reeksverkragter en moordenaar wat tussen 2002 en 2011 ʼn skrikbewind in Limpopo gevoer het, is Maandag tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis met ʼn bykomende 110 jaar tronkstraf.
Boek: Vier seisoene van liefde
Nadat Susan uitgevind dat Harry haar bedrieg besluit sy om hom te verlaat, maar haar vrees vir alleen wees dwing haar in ’n ongesonde verhouding.
Nuuskommentaar: G*tvol vir korrupsie
Besonder baie kan in môre se optogte teen korrupsie gelees word – ’n dag ná die jongste polisie-misdaadstatistieke bekend gemaak word.
Resep: Hoender met kweper en heuning
As jy nog nooit met kweper gekook het nie, is hierdie eenvoudige verfransde weergawe van ’n Marokkaanse tagine die ideale resep om mee te begin.
Musiekonnie in hof ná hy glo met seuns lol
ʼn Voormalige musiekonderwyser by ʼn vooraanstaande privaat skool in Constantia in Kaapstad sal Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van seksuele aanranding.
Kindverkragter kry 15 jaar
ʼn 33-jarige man is in die Empangeni-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy verlede jaar ʼn negejarige meisie verkrag het.
Eienaar kom haal spogmotor eers dag ná ongeluk
Die polisie in die Wes-Kaap stel ondersoek in nadat ʼn peperduur wit Maserati verlate en op sy sy langs ’n gebou op die Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) gevind is.
Tronkstraf ná aanval op bejaarde pa, gestremde dogter
ʼn Man wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is nadat hy ʼn 91-jarige man en sy 53-jarige gestremde dogter in hul huis in KwaZulu-Natal aangeval en beroof het, is Maandag tot tronkstraf gevonnis.
Leerprobleme: Skoolgereedheid
Maar waarom sou skoolgereedheid, of eerder dan gereedheid om te leer, ’n “leerprobleem” kan inhou of selfs ’n leerprobleem kan veroorsaak?
Uitdrukking: heinde en ver
Gebruikers van Afrikaans lê soms verkeerdelik die klem op “heinde” asof dit ‘n lang afstand is. Taaltoffie stel ondersoek in.
Misdaadstatistieke vir Gauteng ‘skets donker prentjie’
Hierdie syfers het Dinsdag aan die lig gekom in misdaadstatistieke wat AfriForum vir die provinsie bekendgemaak het. Die organisasie beweer dit is reeds maande terug aan hulle gelek.
Lied van Gé se lewe
Gedurende sy sangloopbaan, wat oor meer as 30 jaar gestrek het, het Gé meer as 50 albums uitgereik en meer as 800 liedjies opgeneem. Hy kon feitlik enige musiekgenre baasraak; jazz en country was omtrent al wat hy nie gesing het nie.