Ten minste nege mense is dood en talle gewond, nadat ʼn 26-jarige man Donderdag op ʼn groep studente op ʼn kollege-kampus in Oregon in die VSA losgebrand het.
Alles vir Vrydag 2 Oktober 2015
Nuuskommentaar: ‘Vertrou regering’ – Jeff
Minister Jeff Radebe is, deels uit ampsplig, bekend daarvoor dat hy Suid-Afrikaners aanmoedig om lojaal te wees teenoor die regering. Hy het pas weer so gemaak. Maar is vertroue nie iets wat verdien moet word nie?
[Video] Dié kleuters kán
Die Nieu-Seelandse haka, die “Ka mate”, is altyd iets om te aanskou voor ʼn rugbywedstryd. ʼn Paar kleuters van dié land het hul eie weergawe van die intimiderende “kreet” uitgevoer en omtrent sosiale media aan die gons gehad.
Woord: knaend
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “knaend” in die uitdrukking “iemand is knaend”
Polisie blameer stelsel vir foute met misdaadstatistieke
Die polisie het Donderdag gesê die foute wat by die jaarlikse misdaadstatistieksyfers ingesluip het, was bloot ʼn stelselfout.
Boksburgman in hof oor naakfoto’s van vriendin se vierjarige
ʼn 39-jarige man van Boksburg aan die Oos-Rand wat in hegtenis geneem is nadat hy glo naakfoto’s van sy vriendin se vierjarige dogtertjie op die internet versprei het, verskyn Vrydag in die plaaslike landdroshof.
Pa wat glo kinders keelaf sny vandag in hof
Die pa van Limpopo wat na bewering al vier sy kinders se kele afgesny het, sal Vrydag in die Magatle-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Egskeiding: Voorkom uitbranding as enkelouer
Elize Parker en Magriet Smit gesels met Annelize Brits oor die uitdagings verbonde daaraan om ’n enkelma te wees.
DA soek dokumente oor kernkragprogram
Die DA het ʼn brief aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, gerig waarin hul afskrifte eis van die beplanningsdokumente waarin die regering die finansiering en uitvoerbaarheid van sy kernkrag-uitbreidingsprogram uiteensit.
Temboe-koning moet tronk toe
Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het koning Buyelelkhaya Dalindyebo tot effektief 12 jaar tronkstraf gevonnis.
Groot doelwitte vir 2020 word op Toekomsberaad bespreek
Die Solidariteit Beweging bied op 10 Oktober ’n Toekomsberaad in Pretoria aan waar kerndoelwitte en omvattende planne vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms bespreek sal word.
Jeugliga kap Vavi, Malema oor teenkorrupsie-optog
Die ANC-jeugliga het uitgevaar teen Zwelinzima Vavi, uitgeskopte hoofsekretaris van Cosatu en Julius Malema, leier van die EFF, oor hulle deelname aan teenkorrupsie-optogte.
Sit albei jou voete neer
Oktobermaand is nie vir sissies nie! Dit is afsluitings en eksamens, finale dit en dat, afronding voor die konserte en wat nog alles. Oral hoor ek mense kla dat hulle nou nie meer ‘n enkele Saterdag oop het tot die skole sluit nie…
Gedagte vir die dag: Die kroon van God se skepping
Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. (Psalm 8:4-6)