Armand Hofmeyr, sanger en seun van Steve Hofmeyr, is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit gejaag het, omdat hy glo maagprobleme gehad het.
Lees meerAlles vir Sondag 4 Oktober 2015
BMW-‘dronkbestuurder’ vas ná hy 2-jarige tref
ʼn 68-jarige man wat ʼn blou BMW bestuur het en in ʼn botsing betrokke was waartydens ʼn tweejarige seuntjie dood is, is Saterdagmiddag in Kimberley in hegtenis geneem op verskeie aanklagte.
Internasionale kundiges grom vir SA-regering oor fiasko by Vredefort-koepel
Die VF Plus het Sondag gesê die Vredefort-koepel wat vir Suid-Afrika ʼn erfenis-juweel behoort te wees waarmee duisende besoekers jaarliks na die land gelok word, het nou ʼn internasionale verleentheid geword waar miljoene rande se belastinggeld die afgelope jare vermors is.
Trompop-botsing in Pretoria eis lewe
Een persoon is dood en drie beseer toe ʼn Toyota Fortuner en ʼn Isuzu-bakkie mekaar Saterdagaand reg van voor Pretoria se Moot-gebied getref het.
Boek: Oepse Daisy
Daisy du Pont, rykmansdogter, bedorwe brokkie en diva van die eerste waters kom letterlik haar moses teë terwyl sy op pad is na Australië. Sy word ontvoer, geleende klere gegee om aan te trek en vrywillig verplig om saam met krokodille te swem.
Duisende steenkoolmyners gaan staak
Nagenoeg 30 000 steenkoolmynwerkers gaan Sondagmiddag begin staak, het die mynvakbond, National Union of Mineworkers (NUM), pas gewaarsku.
Ma sien hoe kind (2) verongeluk
ʼn Ma het Sondag in die vroeë oggendure gesien hoe die motor wat haar man bestuur het, teen ʼn vragmotor in die ooste van Pretoria bots. Die botsing het die lewe van die man en vrou se tweejarige kind geëis.
‘ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs’
Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika (SA) se entrepreneurs te vernietig.
Helpmekaarplan van R3,5 miljard vir Afrikaners
Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Saterdag tydens sy toekomsberaad die Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak.
Gedagte vir die dag: ’n Besluit met ewige gevolge
Die Here sê vir Samuel: “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie. Ek wil hom nie hê nie. Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart.” (1 Samuel 16:7, Die Boodskap)