Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom.” (Matteus 16:24)
Lees meerAlles vir Maandag 5 Oktober 2015
Kapenaars gewaarsku teen perdebyplaag
Die stad Kaapstad het inwoners gewaarsku teen ʼn perdebyplaag wat reeds besig is om die stad binne te dring en na verwagting sal vererger.
Munisipaliteit te blameer vir afgebrande skole, sê DA
“Die DA veroordeel enige vorm van geweld,en ons is baie bekommerd dat gemeenskappe so drasties optree om hul boodskap oor te dra aan die plaaslike regering, wat bloot sy rug draai op die gemeenskappe wat ly.”
Onwettige plakkers bestook polisie met petrolbomme
Lede van die Tshwane-metropolisie is Maandag met klippe en petrolbomme bestook toe hulle probeer het om plakkers in Pretoria se onwettige strukture af te breek.
Oscar steeds nie vrygelaat nie
Oscar Pistorius sal nog ʼn ruk agter tralies moet bly nadat die besluit om hom op korrektiewe toesig vry te laat weer eens vertraag is.
Rowers slaan op Pta-vulstasie toe
Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Maandag in die vroeë oggendure op ʼn vulstasie in Temba, Pretoria toegeslaan het.
ToekomsVenster: Bedaar en erken dat Ek God is
Mag die onstuimigheid in jou binneste oor watter saak ook al tot bedaring gebring word deur die Gees van kalmte en vertroue wat binne in jou woon.
Modelagentskap se baas in hof vir beweerde verkragting, kinderporno
Die baas van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap het Maandag in die hooggeregshof in Palm Ridge skuld ontken op aanklagte van verkragting, die besit van kinderpornografie, bedrog en intimidasie
Duisende ondersteun Operasie Misdaadvry
AfriForum het die afgelope naweek sowat 3 000 mense gekoördineer in die grootste gesamentlike operasie teen misdaad nóg in Suid-Afrika.
Henning-saak weer uitgestel, staat glo nog nie gereed
Die verhoor van Nico Henning, wat daarvan beskuldig word dat hy die baasbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord is, is Maandagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof tot 6 Junie 2016 uitgestel.
Onbekende man se lyk met koeëlwonde aangetref
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat die liggaam van ʼn onbekende man met drie koeëlwonde agter in sy kop en nek Sondag naby Donkerhoek in Pretoria gevind is.
Nuwe vrystellings: 5 Oktober 2015
Sorina, Jannie Moolman en Corlea Botha en Dewald Dippenaar het ‘n paar nuwe snitte vrygestel.
Karlien en Derick amptelik geskei
Skaars 42 dae nadat Karlien van Jaarsveld aangekondig het sy en die oud-Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, gaan skei, is ʼn finale egskeidingsbevel Maandag stil-stil in die Pretoria-hooggeregshof ingestel.
Luister: Raak betrokke by Gracia kindersorgsentrum se somervakansieprojek
Die ongeveer sewentig kinders van Gracia kindersorgsentrum het vanjaar besluit hulle wil nie verjaardag- of Kersgeskenke wil hê nie, maar liewer ʼn draai by die see maak.
Maroela Media Top 20: 5 Oktober 2015
In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat in dieselfde plekke bly en twee nuwelinge.
Hykie Berg klim berg vir godsdiens in skole
AfriForum het vanoggend saam met die akteur Hykie Berg en Jacobsdal Primêre Skool in die Vrystaat op ʼn twee dae lange staptoer in die Drakensberge vertrek vir die bewusmaking oor die behoud van godsdiens in skole.
Geslagsdele in vrieskas: Deen doen nie aansoek om borgtog
Die polisie glo dat Frederiksen al sedert 2010 operasies op vroue uitvoer. Die meeste van sy slagoffers is vermoedelik van Lesotho afkomstig. Een van hulle is glo net sewe of agt jaar oud.
12 ontsnap by twee Limpopo-polisiestasies
Altesaam 12 verdagtes het oor die naweek in twee afsonderlike gevalle uit polisieaanhouding in Limpopo ontsnap.
Centurion-inwoners kritiek ná huis brand
Twee kleuters en vier volwassenes het brandwonde opgedoen nadat ʼn huis in Olievenhoutbosch in Centurion Sondag afgebrand het.
ʼn Miljard vir Afrikaanse opleiding
Die Solidariteit Beweging gaan oor die volgende vyf jaar sowat R1 miljard in Afrikaanse opleiding belê. Die Beweging se onderwysplan strek van kleuterskoolvlak tot op tersiêre vlak met ʼn privaat Afrikaanse universiteit.