Oom Herrie wil vir Wolf leer van ’n donkie wat sy kop net een keer stamp, maar het nie eintlik raad nie. Wolf is nie dom nie.
Alles vir Maandag 5 Oktober 2015
Beweging se Tienpunt Diensleweringsplan vir toekoms
ʼn Omvattende plan om te sorg dat dienslewering verbeter, vorm deel van die Solidariteit Beweging se beplanning wat by eerskomende Saterdag se Toekomsberaad bekendgestel gaan word.
Man sterf in botsing toe motor langs pad vasval
ʼn Man is Sondagaand dood nadat ʼn swaargoederevoertuig teen sy motor gebots het wat langs die pad gestaan het nadat dit in modder vasgeval het.
Boek: Die Fotoalbum
Jennepher is somtyds net ‘n toeskouer in haar eie familie en vriendekring. Agter die lens van haar kamera kan sy altyd so effe van die aksie verwyderd wees. En aksie is daar genoeg van.
Nuuskommentaar: PW, Dianne Kohler-Barnard en die Vredefort-koepel
Dianne Kohler-Barnard het in die konteks van haar party haar voet met haar Facebook-deling kniediep daarin gesit en moet die gevolge dra. Tog hou die insident, geoordeel aan lesersreaksies, die potensiaal in om ʼn uitkringeffek te hê wat die noodsaak van Saterdag se Toekomsberaad deur die Solidariteit Beweging onderstreep.
Weduwee op Vrystaat-plaas gemartel, verkrag
ʼn 58-jarige weduwee van die Vrystaat is Sondagmiddag op haar plaas naby Harrismith aangeval, gemartel en verkrag.
WAT Woord van die week: knarsvars
Die WAT Woord van die week is “knarsvars”
[Video] Muffin in ʼn koppie
As bak nie jou sterkste vaardigheid is nie, is hierdie resep vir jou bedoel.
Bfn-sakeman vandag in hof oor geslagsdele in vrieskas
Die Deense man wat verlede maand in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Swembad red man van huisbrand
ʼn Man in sy 40’s het Sondagaand in ʼn swembad gespring nadat ʼn brand by ʼn huis in Moseleypark in Pinetown, KwaZulu-Natal, uitgebreek het.
Egskeiding: ʼn Enkelma se vrese
Elize Parker en Magriet Smit gesels oor die vrese van ʼn enkelma en die behoefte om vir die kinders ʼn standvastige omgewing te besorg.
[Video] Beer Adriaanse gesels oor Buurtwag
Buurtwag is ʼn splinternuwe televisiereeks wat beskryf word as ʼn drama-komedie en Maroela Media het met die skrywer en regisseur daarvan, Beer Adriaanse gesels.
Beloning uitgeloof vir inligting oor polisiemoorde
Die Wes-Kaapse regering het ʼn beloning uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat betrokke is by die moorde op polisiebeamptes in die provinsie.
Talle vas oor dwelms by musiekfees
Talle verdagtes, insluitende ʼn 28-jarige vrou, is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem tydens die Rocking the Daisies-musiekfees in Darling in die Wes-Kaap.
Man sterf ná sweeftuig val
ʼn Man is Sondag dood nadat sy sweefvliegtuig buite Potchefstroom in Noordwes neergestort het.
Gedagte vir die dag: Oefen ’n skoon gewete
Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan – nie dié van die wêreld nie – sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het. (1 Korintiërs 2:12)