Steve Hofmeyr het Vrydagaand Die Stem by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gesing, ondanks die hewige kritiek wat dit by vorige kunstefeeste uitgelok het.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Oktober 2015
Aardklop: Hier is die bestes
Twee produksies het uitgetroon tydens die prysoorhandiging op vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees – die klassieke Moeder Moed en haar kinders en die eietydse…
[Resensie] Aardklop: Son. Maan. Sterre.
In dié debuutwerk van die Britse dramaturg Alice Birch takel sy kindermolestering as onderwerp. Die oorspronklike Many Moons is deur Saartjie Botha knap vertaal en die rolverdeling bestaan uit Wilhelm van der Walt, Greta Pietersen, Tinarie van Wyk Loots, Louis van Niekerk en Lida Botha.
Stewige baba weeg byna 6kg met geboorte
ʼn Pasgebore baba van Rajasthan, in die noorde van Indië, het behoorlik die oë laat rek met sy allemintige gewig van byna 6 kg.
Nog twee kinderlyke uit Limpopo-dam gehaal
Die liggame van twee seuns is Vrydag deur polisieduikers uit ʼn dam in Vleifontein naby Louis Trichardt in Limpopo gehaal.
ToekomsVenster: Laat die Here jou lei
Ds. Jannie Pelser herinner jou in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat jy die leisels van jou lewe in die Here se hande moet laat.
Dramatiese rooftog in Pta-sakesentrum
Talle polisiebeamptes was binne minute op die toneel en die kantoorgebou is met behulp van die honde-eenheid deursoek.
Goeie nuus: Vermiste hond ná langer as ʼn jaar opgespoor
Molly, ʼn spanjoelteef, se aangrypende verhaal laat ʼn mens dink aan ʼn viervoetige weergawe van die sprokie Aspoestertjie. Sy het ʼn harde lewe agter die rug, maar soos elke hond, het sy haar dag gekry en is sy nou ‘n dierewelsynorganisasie se gelukbringer.
Luister: Bekendes sê: Vyf noodsaaklikhede vir Aardklop
Maroela Media het met ʼn paar bekendes gesels om te hoor wat jy moet saambring om Aardklop te geniet.
Oscar se paroolbesluit wéér uitgestel
Die besluit of Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vrygelaat sal word, is Vrydag vir die soveelste keer uitgestel, hierdie keer om Reeva Steenkamp se familie kans te gee om insette te lewer.
Toekomsberaad: Doenplanne wat sal werk
Die Helpmekaar 2020-plan wat Saterdag by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Centurion bekendgestel sal word, is beslis nie net lugkastele nie.
Potch-paartjie stukkend ná seuntjie se waterdood
“Ek dink hy was reeds dood toe Suzette hom uit die water gehaal het. Hy kon baie lank in die water gewees het, want hy was ten minste ʼn halfuur onder haar oë uit.”
Konflikpartye wil saam in Libië regeer
Vier jaar nadat Moeammar Gaddafi se mag gebreek is, is daar weer hoop op vrede in Libië.
[Video] Aardklop: Diskoers – Jou monument en my museum
Ons behoort mekaar se erfenis te respekteer en ruimte te gee om ons erfenis te vier en te bewaar. Dít is een van die min punte waaroor deelnemers aan ʼn Diskoers-gesprek tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees saamgestem het.
SAUK gaan grondwethof toe oor omstrede bedryfshoof
Die SAUK het Vrydag gesê hy gaan die appèlhof in Bloemfontein se beslissing dat Hlaudi Motsoeneng, sy bedryfshoof, geskors moet word, in die grondwethof beveg.
NG Kerk neem finale besluit oor gays
Die NG Kerk het Vrydag die finale besluit oor sy beleid oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag aangekondig.
[Video] Sandra Prinsloo: 20 jaar ouer binne minute
Maroela Media het by Sandra Prinsloo ʼn draai agter die verhoog gaan maak waar sy haar grimering vir die produksie ‘Die Naaimasjien’ aanwend en wys hoe sy haar in haar heelwat ouer karakter verander.
Waarskuwing: Hittegolf stuit huisrowers nie
Te midde van die uitmergelende hittegolf wat Pretoria en ander gebiede tans beleef, het die polisie Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik vir inwoners om paraat te wees omdat opportunistiese rowers juis nou kan toeslaan.
[Resensie] Aardklop: Franse vioolmusiek net vir uitsoekgehoor
As dié era se musiek met jou hart praat, is Franse vioolmusiek reg in jou kraal, maar aanhangers van ligte, “kommersiële” of bekende klassieke musiek moet liefs dié produksie vermy.
Soektog na vermiste DA-raadslid hervat
Die soektog na Petro Nel, adjunkleier van die DA in Noordwes wat Donderdag vermis geraak het nadat die ligte vliegtuig waarin sy ʼn passasier was in Nepal verdwyn het, is Vrydagoggend hervat.