Lewer 3-4 porsies
Alles vir Maandag 12 Oktober 2015
Munisipale werkers vas ná Ventersdorp-gebou brand
Drie werkers van die Ventersdorp-munisipaliteit sal na verwagting Maandag in die dorp se landdroshof verskyn ná ʼn voorval in September waartydens ʼn munisipale gebou in dié Noordwes-dorp aan die brand gesteek is.
Krejcir vandag gevonnis
Radovan Krejcir, die Tsjeggiese sakeman wat in Augustus skuldig bevind is aan poging tot moord en ontvoering, sal Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis word.
PW Botha was nie ál Krokodil nie
Die DA se hantering van een van sy senior leiers, Dianne Kohler Barnard, laat opnuut vrae ontstaan oor die land se vertolking van die verlede. Die NP van oudpres. PW Botha word deesdae alleen verantwoordelik gehou vir die politieke doodloopstraat van die tagtigerjare.
Luister: Nataniël oor sy liefde vir Europa, sjokolade en sy nuwe program
Nataniël se nuwe program, Edik van Nantes, is eersdaags op die kassie te sien en kykers uitsien na nóg heerlike resepte en skreeusnaakse oomblikke, maar hierdie keer speel dit in die Franse stad Nantes af. Maroela Media het met hom gesels oor die nuwe program en wat kykers kan verwag. Hy verklap ook wat vir hom die lekkerste van Franse kos is.
Boek: Nog ‘n voorskoot
Daar is geen rede vir ons om nie van elke ete ’n spesiale geleentheid te maak nie. Dek die tafel en drink goeie wyn. Gesels en sit mooi musiek aan. Haal daai borde uit wat jy vir spesiale gaste hou – jou familie is elke aand jou spesiale gaste.
Man brand glo ma se ‘verkragter’ se huis af
ʼn 68-jarige vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal se 28-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo uit weerwraak sy ma se vermeende verkragter se huis aan die brand gesteek het.
Koster-boer vandag in hof ná ‘dief’ se skietdood
Die boer van Koster in Noordwes wat Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn man doodgeskiet het wat hy van diefstal verdink het, verskyn na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof.
Tienerplaaswerker moor glo vir R10
ʼn 17-jarige werker op ʼn plaas in die Biesiesvlei-omgewing in Noordwes verskyn Maandag in die Lichtenburg-landdroshof op aanklag van moord.
Vrou kritiek, man beseer ná fratsongeluk by winkelsentrum
ʼn Vrou is kritiek en nog ʼn man beseer nadat die muur van ʼn parkeerterrein by ʼn Bloemfonteinse winkelsentrum op hulle ineengestort het.
Egskeiding: Psalm 23 vir enkelma’s
Psalm 23 vir enkelma’s, ’n uittreksel uit Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief, voorgelees deur Elize Parker.
ANC soek diepte-ondersoek na welvaartsbelasting
Die ANC se hoofraad wil opnuut die moontlikheid laat ondersoek om die land se rykes verder te belas.
‘Onttrekking aan Strafhof ontbloot SA as menseregte-skender’
Die ANC-regering sal ontbloot word as ʼn “blatante skender van menseregte” indien Suid-Afrika hom aan die Internasionale Strafhof onttrek.
Pa, seun ernstig ná hulle byna verdrink
ʼn Pa is in ʼn ernstige toestand en sy vyfjarige seuntjie is kritiek nadat hulle byna verdrink het aan die KwaZulu-Natalse noordkus.
Gedagte vir die dag: Vrede in Hom
Ons Here Jesus Christus se goedheid is by elkeen van julle. (Filemon vers 25, Die Boodskap)