ʼn Paar bronsmunte, stukkies karton wat in asyn geweek is en ʼn klein stukkie foelie is bykans al wat jy nodig het om jou eie battery te maak in ʼn noodgeval.
Alles vir Dinsdag 13 Oktober 2015
Ses SA’ners vas in Zambië
Ses Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem nadat hulle glo 12 swartwitpense uit Zambië probeer uitsmokkel het.
Moot-man amper in oprit gekaap
Die Villieria-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en kaping nadat ʼn inwoner van Rietfontein, in Pretoria se Moot-gebied, Maandagaand in die oprit na sy huis aangeval is.
Uitdrukking: Deur dik en dun
Al ooit gewonder waar kom ons aan die uitdrukking “deur dik en dun”? Taaltoffie stel ondersoek in
Pa skiet glo twee boerboele by familiekuier dood
Henrico Fourie, ʼn pa van Pretoria, het Maandag in die stad se landdroshof verskyn nadat hy glo Saterdag twee boerboele by ʼn familielid se huis in die weste van Pretoria doodgeskiet het nadat een van die honde glo sy seun gebyt het.
Boek: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes
Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid-reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye en gebak en selfs iets vir die soettand.
Koster-boer wat glo ‘dief’ skiet, kry borgtog
Die boer van Koster in Noordwes wat die naweek agter tralies moes deurbring nadat hy glo ʼn man doodgeskiet het wat hy van diefstal verdink het, is Maandag op borgtog vrygelaat.
Laaste dag van lugsoektog vir vermiste DA-lid
Die lugsoektog na Petro Nel (58), vermiste adjunkleier van die DA in Noordwes, sal Dinsdag vir die laaste keer in Nepal voortgesit word.
Resep: Klam wortelkoek
Uit: 50 Beste gebak uit Vrouekeur, Marlo Carstens
Boek: Jou God is hier!
Hierdie dagboek sal lesers in elk van die 366 dagstukke verseker dat hulle nooit hoef te twyfel oor God se teenwoordigheid nie.
Pa in koma ná rowers hom ‘sewe keer skiet’
ʼn Pa van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof glo minstens sewe keer geskiet is.
Leerprobleme: Disleksie
Probleme met konsentrasie, persepsuele vaardighede en logiese denke is bekend as die mees algemene oorsake van disleksie.
Egskeiding: Aan mamma
“Aan mamma”, ’n uittreksel uit Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief, voorgelees deur Magriet Smit.
‘Boere verwerp ANC-beleid om 50% vir plaaswerkers te gee’
“Daar kan nie van boere verwag word om by te dra tot hul eie ondergang deur enige vorm van polities korrekte grondhervorming te aanvaar, of ʼn persentasie van hul plase aan hul werkers te gee nie.”
Koninkryk van God in perspektief
Ná sy doop en versoeking in die woestyn begin Jesus sy bediening met dié woorde: “Bekeer julle want die koninkryk van God het naby gekom” (Matteus 4:17).
ANC vaar uit oor OB se betrokkenheid by Nkandla-hofsaak
Die ANC het Maandag teen Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), uitgevaar nadat sy kragte met die EFF saamgesnoer het in lede se geveg teen die omstrede Nkandla-sage.
Priester vas vir huisbraak
Die polisie in Edenburg in die Vrystaat het Maandag vyf verdagtes op ʼn aanklag van huisbraak vasgetrek, onder wie ʼn priester van ʼn Apostoliese gemeente in Bloemfontein.
Versoening: Hoe ons misluk het
Versoening het nog nie in Suid-Afrika plaasgevind nie en die skuld kan slegs geplaas word op diegene wat vir die proses verantwoordelik was.
Gedagte vir die dag: Deel vandag genade uit
Wees vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het. (Efesiërs 4:32)