Hierdie video bied ʼn oorsig van die grootste flaters wat mense begaan wat ʼn motor se enjin kan beskadig.
Alles vir Donderdag 15 Oktober 2015
Twee reuse-dwelmvondse by OR Tambo gemaak
Meer as R16 miljoen se metamfetamien, ook bekend as “crystal meth”, is hierdie week in twee afsonderlike voorvalle deur doeane-beamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe ontdek.
Waarskuwing: Bejaardes maklik teiken van SMS-slenters
Die polisie het ʼn beroep op die publiek, veral bejaardes, gedoen om nie te reageer op SMS’e of e-posse wat sê dat hulle geld of pryse in ʼn kompetisie gewen het nie.
NWU sê Kgwadi het nie daardie ‘veg’ bedoel nie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesê beskuldigings teen sy visekanselier, prof. Dan Kgwadi, dat hy geweld aangeblaas het by ʼn vergadering op die Potchefstroom-kampus is totaal onwaar.
Taalgebruik: lag
Taaltoffie stel ondersoek in oor die regte gebruik van die woord “lag” in verskeie uitdrukkings.
Vier ‘renosterstropers’ in NW aangekeer
Vier vermeende renosterstropers is Dinsdagaand op ʼn wildsplaas naby Vryburg in Noordwes aangekeer.
Luister: Dirk Hermann praat oor eerste historiese fiksie uit sy pen
Esmarie Prinsloo het met dr. Dirk Hermann oor die boodskap van hoop in sy jongste historiese fiksie ‘Begrond’ gesels.
Luister: Agri-ekspo in Stellenbosch bly goue standaard van veebedryf
Die Agri-ekspo Livestock op Sandringham, Stellenbosch, word sedert sy aanvangsjaar gereken as een van die toonaangewende ekspo’s van die veebedryf.
Luister: Gangs of Ballet in Gauteng met nuwe kortspeler
Die alternatiewe rockgroep Gangs of Ballet het verlede Vrydag hulle jongste kortspeler met die titel “Form and Function Part 1” bekendgestel.
Nuuskommentaar: Phiyega, nou ook die res!
Sommer met die intrapslag met die skorsing van Riah Phiyega as polisiehoof toon die ANC sy oneerlikheid met die onlangs-verklaarde standpuntinname teen korrupsie. Op dieselfde dag word John Block, die Noord-Kaapse voorsitter van die ANC, skuldig bevind aan onder meer korrupsie, maar die ANC sê hy gaan eers ná die vonnisoplegging reageer.
Twee sterf in ‘lukrake skietery’ tydens taxi-geweld
Twee mense is Donderdagoggend doodgeskiet toe taxi-geweld na die Kaapse Vlakte naby Muizenberg oorgespoel het.
Boek: Stoffel: die beste stories
Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale word byeengebring in ‘n splinternuwe versamelbundel.
Zuma, Mothlante se duur vakansies onder loep
Die burgerregte-organisasie AfriForum pak Donderdag die presidensie in die Pretoria-hooggeregshof oor die beskikbaarstelling van die sogenaamde “presidensiële handboek”, wat onder meer reëls vir lede van die presidensie se private vakansies op staatskoste uiteensit.
Brug-ineenstorting: Derde persoon sterf
Nóg ʼn persoon wat beseer is toe ʼn voetgangerbrug wat nog in aanbou was oor die M1-snelweg naby Sandton ineengestort het, het gesterf.
Beurtkrag kry blaam vir agterstand by polisie se forensiese laboratoriums
Volgens ʼn senior polisiebeampte het beurtkrag ʼn groot inpak gehad op die polisie se forensiese laboratoriums in die 2014/15 finansiële jaar. Beurtkrag is glo die rede vir dié laboratoriums se onderprestasie.
Luister: Kommunikeer beter met jou kind
Volgens Heidi Malan, ʼn ouerleidingspesialis van Doeltreffende Ouer en Opvoedkundige Leiding (DOL), is die vaardigheid om ʼn suksesvolle ouer te wees nie ʼn natuurlike vermoë waarmee ʼn mens gebore word nie, maar een wat jy kan aanleer.
80-jarige vas oor dagga
Die polisie in KwaZulu-Natal het twee vroue, waarvan een 80 jaar oud is, in hegtenis geneem in verband met die besit van dagga ter waarde van meer as R200 000.
Brug stort ineen: M1 bly gesluit
Parks Tau, burgemeester vir Johannesburg, het laat Woensdagaand gesê dit is onwaarskynlik dat die M1-snelweg Donderdag oopgemaak sal word vir verkeer.
Waarnemende polisiekommissaris aangestel
ʼn Waarnemende nasionale polisiekommissaris is aangestel nadat genl. Riah Phiyega Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit dié pos geskors is hangende ʼn ondersoek.
Gedagte vir die dag: Rus in die Here!
Elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word, is die belangrikste in God se koninkryk. (Matteus 18:4)