ʼn Wit leeu is glo op vrye voet in die Waterberg in Limpopo, ongeveer 50 km buite Mookgophong (Naboomspruit).
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Oktober 2015
Medeskoliere vermoor glo 17-jarige
ʼn 17-jarige is vermoedelik deur medeskoliere vermoor by ʼn hoërskool in KwaMashu, Durban.
Treinwaens verwoes in ‘brandstigtingaanval’
Vier waens en ses sleepwaens van Metrorail is Dinsdag in ʼn beweerde brandstigtingsaanval by Kaapstad-stasie verwoes.
Studente verwerp Nzimande se voorstel
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Dinsdag, die tweede dag ná gewelddadige studentebetogings landswyd, gesê ʼn ooreenkoms is bereik om die verhoging van studentegelde te beperk tot 6%.
Tuks Woensdag gesluit
Alle akademiese aktiwiteite en ondersteuningsdienste by die Universiteit van Pretoria word Woensdag opgeskort.
ToekomsVenster: Ek sal jou God wees
Diegene wat die seën van God se God-wees leer ken, weet die lewe gaan nie oor hulleself nie. Daarom is hulle vry mense en onstel allerhande kleinighede hulle nie maklik nie.
Padwoedeskieter kry tronkstraf
Mohammed Sathar (50), wat Richard Duxbury (35) in 2012 tydens ʼn padwoedevoorval op die M4-snelweg in Clairwood, Durban, doodgeskiet het, is Maandag gevangenisstraf opgelê nadat hy vroeër aan moord skuldig bevind is.
Man skuldig ná hy meisie met suur gooi
Ines Antonio (23), die vrou wat ernstige brandwonde opgedoen het nadat haar voormalige kêrel, Jan Pieterse (29), suur oor haar uitgegooi het, het Dinsdag gesê sy is teleurgesteld oor die uitslag van sy verhoor.
Nuwe vrystellings: 19 Oktober 2015
Neil Somers, Jaco Losgelaat en Len Muller en Stef Bos het onlangs nuwe musiek beskikbaar gestel.
Luister: Antowan Nöthling oor Afrikaanse animasieprent
Die Sneeukoningin is ʼn splinternuwe internasionale animasiefilm wat later vandeesmaand in Afrikaans uitgereik word. Antowan Nöthling is die stem van een van die karakters in dié rolprent en Maroela Media het met hom gesels oor die uitdagings om stemopnames vir animasie te doen.
Maroela Media Top 20: 20 Oktober 2015
Andriëtte behou haar eerste plek vir die vierde agtereenvolgende week, terwyl Jennifer Zamudio na die tweede plek opskuif. Carla Oberholzer maak haar heel eerste verskyning op die Top 20 in die twintigste plek met “Jy los my alleen”.
Gemeenskap soek saam na Charlie
Die Kameeldrift-polisie, noordoos van Pretoria, het die naweek hande gevat met die gemeenskap in ʼn grootskaalse soektog na Charles Nicolaas “Charlie” Duvenhage (25) wat byna twee weke gelede die laaste keer in die omgewing gesien is.
Polisielede na Wits-kampus ontplooi
Polisiebeamptes is Dinsdag na die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se mediese skool ontplooi nadat betogende studente die paaie afgesper en voertuie weggewys het.
Bussie jaag weg ná jong fietsryer erg seerkry, ooggetuies gesoek
“My seun is ʼn vegter. As hy val staan hy op, maar ná gister se ongeluk het hy nie opgestaan nie.” Só beskryf Magda Thompson…
Help, my ouers het ’n nuwe baba!
Baie nuwe ouers bevind hulle onverwags in die posisie dat hulle nie weet hoekom hulle oudste kind eensklaps gedragsprobleme het nadat ’n nuwe baba huis toe gekom het nie.
Man gee hom oor ná hy glo vrou met mes steek
ʼn Man van Port Elizabeth het hom Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy na bewering sy vrou met ʼn mes gesteek het.
Hoe groot is die rol wat die staat in ’n moderne samelewing behoort te speel?
Die Solidariteit Beweging se Selfhelp-plan, wat onlangs deur Flip Buys bekend gestel is, laat opnuut dié vraag aktueel word. Die doel is immers om allerlei take wat normaalweg die staat se taak sou moes wees, juis buite-om die staat te verrig.
Uitdrukking: In die verknorsing wees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “in die verknorsing wees”
Pta-pa sterf ná skietvoorval by dam
Die pa van Pretoria wat twee weke gelede tydens ʼn gesinsnaweek by die Roodeplaatdam geskiet is, is Maandagmiddag dood.
Oscar Pistorius se vrylating: ‘Hy sal weer suksesvol kan wees’
Oscar Pistorius is Maandagaand onder korrektiewe toesig vrygelaat. Volgens ʼn kenner beteken dit egter nie dat die beroemde Paralimpiese atleet nou privaatheid gaan geniet nie. Inteendeel, hy sal met ʼn valkoog dopgehou word.