“Ons wil nie bespiegel oor moontlike oorsake nie. Die ondersoekproses moet sy gang gaan om te bepaal wat tot hierdie tragiese voorval gelei het.”
Alles vir Dinsdag 20 Oktober 2015
Resep: Skep-skons
Die resep kan gehalveer word om 12 skons te maak. Die skons kan ook in kolwyntjiepanne gebak word.
Nuuskommentaar: Het regering of studente mal geword?
Die minister van hoër onderwys meen die studentemoleste tans is geen nasionale krisis nie. Die potensiaal bestaan egter dat hierdie moleste kan versmelt met die veldtog teen Afrikaans op kampusse, terwyl eksamentyd nader kom en die universiteite wat meer gereeld onder moleste deurloop, se studente soos vorige jare gaan begin agterkom wat hulle alles pla.
Boek: Asterix en Obelix – Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar)
Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar), die 36ste boek oor die avonture van Asterix die Galliër, verskyn 22 Oktober 2015 by boekhandelaars regoor die wêreld.
Vermiste Amerikaner vinnig opgespoor
ʼn Kort soektog na Chloé Sehati, ʼn 20-jarige student van Amerika wat in Kaapstad as vermis aangemeld is, het ʼn gelukkige einde.
Joernaliste drom saam voor Oscar se oom se huis
Meer as 100 plaaslike en internasionale joernaliste het Dinsdagoggend buite die huis van Oscar Pistorius se oom, Arnold, in Waterkloof in die ooste van Pretoria saamgedrom nadat die atleet sy eerste aand buite tralies in die huis deurgebring het.
Kleuter se erg ontbinde lyk gevind
Die erg ontbinde liggaam van ʼn kleuter is onlangs by ʼn reservoir in Pretoria opgespoor.
Staan op vir jou kerk, moenie die NG Kerk verlaat nie
Wat die Algemene Sinode van 2015 betref, is daar met groot teleurstelling kennis geneem van ingrypende besluite. Die bloot emosionele besluit van die Algemene Sinode vír gay huwelike wys dat die kerk toe nie bo die tydsgees kon uitstyg nie.
Luister: Borskanker kry Madelein Rust nie onder nie
Die skrywer Madelein Rust het verlede jaar haar boek Monstersaad aan kankerstryders opgedra, min wetend dat sy vanjaar self ʼn paadjie met borskanker sou begin stap.
Resensie: ‘Ek onthou’- Anders
Dit gebeur nie gereeld dat ʼn mens ʼn album teëkom wat jy van voor tot agter kan deurluister en elke snit ewe veel geniet nie. Dit is juis wat Anders met hierdie nuwe album reggekry het.
Trokbestuurder sterf toe hy uit bewegende voertuig spring
Die bestuurder van ʼn vragmotor is Maandag dood nadat hy desperaat na veiligheid probeer spring het toe die voertuig teen ʼn wal afgerol het.
Universiteit kry hofinterdik teen betogers
Die Universiteit van Kaapstad het Maandag ʼn dringende hofinterdik teen betogende studente gekry om hulle te verhoed om met die universiteit se bedrywighede in te meng.
Oscar stil-stil Maandagaand vrygelaat
Oscar Pistorius het Maandagaand sy eerste aand by die huis deurgebring nadat hy ʼn dag vroeër as verwag onder korrektiewe toesig vrygelaat is.
Gedagte vir die dag: Jy en God is een
Die geheim is: Christus leef in julle. (Kolossense 1:27b)